Vakansiemymering 16 Junie 2016

Vakansiemymering 16 Junie 2016

VAKANSIEMYMERINGS  2016 (1)

Ons het maandag in Suid-Afrika geland.  As ek dit skryf lyk dit asof ek dit as ‘n toeris skryf.  Ons het vanuit Nederland en Suid-Afrika gevlieg om vakansie te hou. Om ons kinders en kleinkind weer te sien. Ons paspoorte sê dat ons Nederlanders is. Die Afrikaans wat ek praat en skryf  verraai  dat ek Hollander is.

Dan stap  ‘n mens uit die vliegtuig in Johannesburg.  Ons stap paspoortkontrole toe. Vroeër het ons in die ry vir die Suid-Afrikaanse paspoorthouers gaan staan. Ons het in ons paspoort die regte aantekening gehad.  Nou gaan ons in die tou vir die ander paspoorte staan. Ons wys ons paspoort en ons ID-boekie. Die man vir wie ek dit wys sê vir my dat ek eintlik nie in de regte ry staan nie. Die volgende keer moet ek by die SA-paspoorte gaan staan.  Jy behoort by Suid-Afrika sê hy.  Hoe goed doen dit my.  Dit raak my.  Die SA se mense voel as my eie mense. Ek voel tuis. Dit is asof jy nooit weg was nie.

Die volgende dag gesels ons met mense wat ons ken. Die welkom is so warm. Die dag daarna praat ons met broers oor die voorgaan in die eredienste in die weke wat kom. Hoe groot is die eenheid  in die geloof!  Saam Christus wil dien volgens God se onfeilbare Woord!  Saam jou wil toevertrou aan die HERE en regtig gereformeerd wil wees. Ek hoor hoe ook in ander kerke gestry word en hoe ook kerke saamstaan teen die vrysinnigheid. Hoe mense dapper besluite  neem  om regtig gereformeerd  te wees en te bly in die land. Juis omdat hulle persoonlik en as gemeentes Christus volgens Sy Woord in liefde wil volg.  Hoe stimuleer dit om ook self weer met nuwe moed  na die vakansie aan die werk te spring. Om dit daar te doen waar die HERE jou roep. Hy roep oor 3 weke weer om dit vir Hom in Nederland te doen. Dan moet ‘n mens nie eiewys wees nie maar jou laat gebruik daar en in die omstandighede waar Christus jou ‘n plek gegee het. Met jou hart vir hulle wat Christus jou het toevertrou.  Hy gee hier bemoediging en dat mag ons uit Sy hand ontvang. As ons hier broers en susters in hierdie vier weke kan bemoedig is dit baie goed. Mekaar bemoedig in die goeie stryd.  

‘n Toeris sal ek in Suid-Afrika nooit meer word nie daarvoor is die land en sy mense my  te lief.