Aborsie

20-11-2013 14:48

 

ABORSIE IN DIE LIG VAN GOD SE WOORD

 

In ons samelewing word ook deur voorstanders van aborsie 'n  sekere  verband  tussen die christelike geloof en afkeuring van  aborsie gesien.  Veral die calvinisme sou daarop groot invloed uitgeoefen het.  Die calvinisme sou die mense in 'n  tronk gebring het wat die lewe benoud gemaak het.  'n Voorbeeld  van hierdie gedagte vind ons in die boek Griet skryf 'n  sprokie.   Hierdie  boek  is  deur Marita van der Vyver geskryf.  Hierdie boek was in 1993 regtig 'n blitsverkoper. Nog  altyd  is  hierdie boek baie populêr en word dit as 'n wonderlike boek aangeprys.  Met hierdie oordeel stem ek nie saam  nie  maar  dit gaan nou daarom watter gedagtes in ons Afrikaanse samelewing leef.

In hierdie boek lees ons dat die hoofpersoon 4 keer swanger was  sonder  dat  een keer 'n kind lewendig gebore is.  Die eerste  keer  dat  sy  swanger  was  was sy 20.  Wanneer sy  daaraan terugdink lees ons: "Sy is nie spyt oor die aborsie nie, dink sy dikwels. Sy het nie aan die fetus gedink as 'n mens  nie.  Sy het dit nie eens 'n naam gegee nie.  maar sy  wonder,   vandat sy die ander verloor het.  Sy wonder of sy  gestraf  word  omdat  sy daardie een nie wou hˆ nie.  En sy word  kwaad  vir  haarself  omdat sy nie haar Calvinistiese  kettings kan losskud nie.

Here,  sy was twintig jaar oud,  wat kon sy doen?  Die arme  medepligtige  was  skaars 'n jaar ouer,  die eerste man met  wie  sy  ooit geslaap het,  verbeel jou!  'n Bruingebrande,

blonde seun op 'n surfboard. Dit was 'n ramp wat haar skitterende  studentejare,  haar briljante loopbaan,  haar hele blink toekoms sou bederf.

Sy  het hom nooit eens gesˆ sy is swanger nie.  Sy sien hom soms  in die stad,  'n suksesvolle sakeman in 'n silwerblou BMW, getroud, met twee kinders, en wonder wat hy sou gedoen het  as  hy  geweet  het.  Sy wonder hoeveel mans wˆreldwyd  nooit  sal weet dat hulle minaresse aborsies gehad het nie.  .....  Daar is nie so iets soos 'n suksesvolle aborsie nie.  Iets bly altyd in die slag." (bls 32)

Dis  duidelik  dat  die moderne gedagte is dat 'n mens self bepaal wanneer 'n kind mag kom.  Die lewe van die kind moet wyk wanneer dit volgens jou jou toekoms bederf. Dis die belangrikste  al  bly  nog iets van die gevoel dat jy 'n mens  laat  doodmaak  het, oor.

Wanneer ons vanuit die teologie, dit beteken vanuit die Bybel  as  God  se  onfeilbare Woord,  na aborsie kyk is die eerste  vraag  of  'n mens self oor sy lewe en oor die lewe

van  'n ander mag beskik.  Daarom wil ons nou eers antwoord  op die vraag soek of die mens 'n selfbeskikkingsreg het.

          

 Mens skepsel van God

         

Vir  ons  onderwerp  is die eerste hoofstukke van die Bybel  van  groot belang.  Ons lees daar hoe die HERE hemel en aarde  gemaak het.  Daar lees ons dat die HERE elke skepsel 'n eie  plek  in  Sy  skepping  gegee  het.   Ons  lees  in hierdie  hoofstukke ook met watter doel die HERE die skepping gemaak  het.   In  die vervolg van God se Woord lees ons baie dinge  wat  daarby aansluit.  Dit mag ons nie verbaas nie want die HERE  spreek in die hele Bybel.  Hy sal nooit verander nie. Hy  werk  altyd  volgens die plan wat Hy vir Homself gestel  het.

Die  mens  is  met  die aarde en alles wat ons op die aarde  vind  skepsel.  Sonder God se inisiatief sou die mens nooit bestaan het nie en kan die mens nie leef nie.

Die hele skepping het dit aan God te danke dat die skepping bestaan.   Alles  het  deur  God  se  stem,  deur Sy spreke ontstaan. In Genesis 1 lees ons steeds weer: En God het

gesê.  Wat God sê ontstaan ook dadelik. Ons lees dit ook baie duidelik  in Psalm 33:  "Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leer. ......  Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die inwoners  van  die  wereld vir Hom gedug wees;  want Hy het gespreek,   en dit was;  Hy het gebied en dit staan." (vers 6,8,9)

Daarby  het die Seun van God as die Woord ook 'n belangrike  plek ingeneem. In Johannes 1, wat so duidelik aan Genesis 1 herinner,   lees  ons:   "Alle  dinge  het  deur  die Woord ontstaan,   en  sonder  Hom  het  nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie." (Joh 1:3)

Alles  het deur God ontstaan.  Sonder God sou geen mens kan  asem haal nie.  Elke mens het sy lewe aan God te danke,  is  selfs vir elke asemteug van God afhanklik. Want wie gee vir  hom die lewensasem?  God. Dit maak die HERE ons baie duidelik by die skepping van die mens.  Want wat gebeur dan? Uit stof maak die HERE die eerste mens.  Uit lewelose stof. Die HERE maak 'n pop.  'n Pop is iets wat soos 'n mens lyk maar         nie leef nie. As die HERE die mens uit stof gevorm het lees ons:  "en die HERE God het in die mens se neus die asem van die  lewe geblaas.  So het dan die mens 'n lewende siel geword." (Gen 2:7)

Dit  is  baie duidelik dat die mens nie vir sy eie ontstaan gesorg het nie.  Dat hy nie stadig maar seker homself so by die  omstandighede  aangepas  het dat hy tot 'n mens geëvolueer het,  homself tot 'n mens ontwikkel het nie. Die mens is  'n maaksel.   Hy is vir sy ontstaan,  sy bestaan en sy  voortbestaan   van   God   afhanklik.   Ons  lees  oor  die  afhanklikheid  van elke skepsel in Psalm 104:  "Hulle almal  wag op U,  dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.  U gee  dit  aan hulle,  hulle tel dit op;  U maak u hand oop,  hulle  word  versadig met die goeie.  U verberg u aangesig,   hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en   keer  terug  tot hul stof.  U stuur u Gees uit,  hulle word  geskape;   en  U maak die gelaat van die aarde nuut." (vers  27-30)

Uit dit alles is meer as duidelik dat die Skepper,  dat die  HERE bo Sy skepsels,  ook bo Sy hoogste skepsel,  die mens,  staan.   Die mens is as skepsel volledig van God afhanklik. Die  mens  kan nie vir homself sorg nie.  Hy kan nie oor sy  eie lewe beskik nie. Tog is hiermee nog nie alles gesˆ nie.  Dit  sou  so kon wees dat die HERE die mens na die skepping  die reg gegee het om self oor sy eie lewe te besluit. Om te  sien  of  dit so is moet ons let op wat dit beteken dat God  die mens na sy beeld geskep het.

         

Die mens na God se beeld gemaak

 

Alles wat ons op aarde sien is deur God geskep.  Nogtans is elke  skepsel nie gelyk nie.  Daar is 'n belangrike verskil tussen  die  mens en al die ander skepsels.  'n Verskil wat  aantoon  dat die mens die hoogste skepsel is.  Die HERE het  die mens as die hoogste skepsel gemaak want net die mens is na  God  se  beeld  gemaak.  Daarvan lees ons in Genesis 1:26,27:  "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see  en  die  voëls  van die hemel en die vee en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskep na sy  beeld;  na die beeld van God het Hy hom geskep;  man en vrou het Hy hulle geskep."

Ons  sien ook dat die beeld van God beteken dat die mens bo die ander skepsels op aarde staan.  Die mens moet oor hulle  regeer.   In  Psalm 8 word dit ook duidelik dat die mens 'n baie hoë posisie in God se skepping ontvang het.  Daar lees ons  oor  die  skepping en van die mens word dan in hierdie Psalm geskryf : "wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?  U het hom 'n weinig minder gemaak  as  'n  goddelike  wese en hom met eer en heerlikheid  gekroon.  U laat hom heers oor die werke van U hande, U het  alles onder sy voete gestel." (vers 5-7)

Wat  beteken  dit  dat  die mens na God se beeld geskep is?  Watter  besondere taak ontvang die mens daarmee?  As iemand na 'n ander se beeld en gelykenis gemaak is beteken dit dat jy  die Maker in die maaksel kan herken.  Dat jy Hom daarin  moet  kan  herken.   Die mens is God se verteenwoordiger op aarde  en  hy  moet God se beeld op aarde toon.  Dit is die  mens se amp.  Die HERE het die mens as Sy kind gemaak.  Dit kan ons ook in die Nuwe Testament lees. In Lukas 3 lees ons die geslagsregister van die Here Jesus. Aan die einde daarvan lees ons:  "die seun van Adam, die seun van God". (vers 38)

Die  HERE het die mens as Sy kind so gemaak dat Hy altyd en oral  die verteenwoordiger  van sy Skepper en van sy Vader  kon  wees.   Uit  die  manier  waarop die mens op aarde sou  optree  was  dit  vir hom altyd moontlik om God te verteenwoordig.   Die  HERE  het die mens so gemaak dat hy dit kan  doen  en  het hom ook die opdrag gegee om dit te doen.  Ons  lees in Efesiërs 4 dat God die mens in ware geregtigheid en  heiligheid geskep het.  Dit wil sê dat die HERE die mens as  sy  kind  so  gemaak het dat hy in die goeie verhouding tot God staan.  Dat alles tussen Vader en kind goed is. Dat Vader  sy  kind  altyd  alles  sal gee wat hy nodig het om Sy  beeld te vertoon.

         

Beeld van God wees is 'n opdrag

 

Kan  jy  die  selfbeskikkingsreg van die mens verdedig deur  jou  op  die mens as beeld van God beroep?  Het die mens in die plek van God gekom? Nee!

Beeld  van  God wees het alles met gehoorsaamheid en liefde tot  God  te  doen.  Na die skepping het God Hom nie teruggetrek  nie.  Dit word ook baie duidelik in die vervolg van die geskiedenis. Wanneer die mens gesondig het, reageer die HERE  daarop.   Hy maak dit dan ook duidelik dat Hy Hom met die geskiedenis van die wˆreld sal bly bemoei. Hy maak duidelik dat as God se volk na Hom luister, hulle die seën mag

verwag  en  as  hulle  dit nie doen nie,  hulle gestraf sal word.  Die mens mag juis nooit God se plek inneem nie.  Dit is  hoogmoedswaansin.  Dit het nou juis by die sondeval gebeur.  Die HERE het duidelik gemaak dat Hy weet wat goed en kwaad is. Die mens moet steeds die goeie doen. Die mens wil nie aanvaar dat net die HERE weet wat goed is nie. Die mens wil  self besluit oor wat goed en kwaad is.  Dit het gebeur toe  Eva en daarna Adam van die boom van kennis van goed en  kwaad geëet het.  Dan wil die mens God se plek inneem.  Dit is  nou  juis die mens se sonde.  Op hierdie manier verloor  die mens dat hy beeld van God is.

Die  mens  verloor  nie  sy opdrag om beeld van God te wees nie.   Die  HERE  spreek die mens ook na die sondeval op sy opdrag  aan.   Dit word o.a.  In Genesis 9:6 en Jakobus 3:9 duidelik.

Genesis  9:6:   "Hy  wat die bloed van 'n mens vergiet,  sy  bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak."

Jakobus  3:9:  "Met die tong loof ons God en die Vader,  en daarmee  vloek  ons  die mense wat na die gelykenis van God gemaak is."

 

Christus is die beeld van God

         

‘n  Mens  kan  in  en deur Christus weer God se beeld begin  vertoon. Dat die beeld van God wees nie beteken dat 'n mens  los  van  God  oor  sy  lewe  mag  besluit nie word juis in Christus se lewe op aarde duidelik. Christus, wat die beeld van God is,  wil nie sy eie wil volg nie. Hy wil juis leerling van Sy Vader in die hemel wees.  So vertoon Hy, as die  Verlosser juis die beeld van God.  Dat die Here Jesus leerling  wil wees lees ons steeds weer in die Bybel.  Ek gee 2 voorbeelde:

a. Johannes 5:30: "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek  hoor,  oordeel Ek; en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie,  maar die wil van die Vader wat My gestuur het."

b. Johannes 8: 26,28: "Ek het baie dinge om van julle te sˆ  en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek,   wat Ek van Hom gehoor het,  dit spreek Ek tot die wˆreld.  .....  En Jesus sˆ vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en  uit  Myself doen Ek niks nie;  maar net wat my Vader My  geleer het, dit spreek Ek."

       

Die mens as verbondskind

 

Die  HERE  het met die mens 'n verbond gesluit.  Die manier  waarop  Hy  met  die  mens  omgaan  is  die  manier van die verbond.  Dit het die HERE al van die staanspoor af gedoen. Die HERE spreek die mens aan. Die Here kom tot die mens met  Sy belofte en maak duidelik wat Hy van die mens verwag. Die  HERE  skep die mens en die mens mag as enigste skepsel kind van  God  wees.  Die mens mag weet dat God as die Vader vir die mens wil sorg. Die HERE vra van die mens liefde wat ook  gehoorsaamheid inhou.

Die mens is as kind van God geskep. Met sy kind het die HERE Sy verbond gesluit. Dat dit nie beteken dat die HERE die mens  'n  totale en absolute vryheid gegee het nie sien ons o.a.  in Genesis 2:16,17: "En die HERE God het aan die mens  bevel  gegee  en gesê:  Van al die bome van die tuin mag jy vry  eet,   maar van die boom van kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet,  sal jy sekerlik sterwe."

Die  mens  is as God se onderkoning geskep.  Die koning wat  altyd verantwoordelik teenoor God bly. Wat in liefde en gehoorsaamheid die kind van God is wat in God se Naam oor die  aarde  moet regeer en so God se beeld op hierdie aarde moet  vertoon.

Die  vryheid  wat  die  mens binne die verbond gekry het is geen onbeperkte vryheid nie.  Werklik vry is die mens as hy in 'n goeie verhouding met die HERE leef. As hy steeds weer vra:  HERE wat is U wil?  As jy Christus volg het jy na die  sondeval  weer 'n vrye mens geword.  Dan is die hoogste wat  jy kan bereik nie dat jy oor jouself beskik nie maar dat jy  Jesus Christus in alles volg.  Christus self sê:  "As julle  in  my woord bly,  is julle waarlik my dissipels.  En julle sal  die  waarheid ken,  en die waarheid sal julle vrymaak.  ..... Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die  sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is. En die dienskneg  bly nie vir altyd in die huis nie;  die seun bly vir altyd. As die Seun julle dan vrygemaak het,  sal julle waarlik vry  wees." (Joh 8: 31,32,34-36) 'n Mens leef as 'n verbondskind  wanneer  hy of sy die wil van Vader in die hemel doen.  Dit is  egte  vryheid.   Jy  is vry as jy in liefde na Christus  luister en Sy wil wil doen.

         

Gevolgtrekking

         

Wanneer  ons  oor die verhouding van die mens tot God praat  kan  ons  nie  sê dat ons oor ons eie lewe mag besluit nie. Ons bly in alles van die HERE afhanklik.  Altyd bly dit die  mens  se  plig  om na God se wil te vra.  Altyd bly dit ons  plig  om ons lewe in gehoorsaamheid en liefde tot God in te rig.

In  bepaalde  omstandighede  sou  dit  moontlik wees om oor  selfbeskikkingsreg  te  praat wanneer dit om jou verhouding  tot ander mense gaan. Nogtans is dit beter om die woord verantwoordelikheid  te  gebruik.  Want ook in ons verhouding  tot ander mense word ons reg om oor ons eie of oor 'n ander se lewe te beskik deur God se wet begrens.  Daarby moet ons ook altyd weer die tweede deel van die groot gebod in rekening  bring:   "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." (Mat 22:39)

         

Wanneer begin die lewe?

          

Wanneer ons op al hierdie dinge let,  sien ons dat die HERE wil  dat  ons  altyd  weer  die lewe van onsself en van die ander  mense  beskerm.   Nou  is  die vraag wanneer hierdie

beskerming moet begin. Vanaf watter oomblik kan ons en moet  ons van menslike lewe praat. Vanaf watter oomblik is iemand  'n  mens?  Is iemand 'n mens vanaf die oomblik dat hy of sy  gebore  word?  Is iemand 'n mens vanaf die moment dat hy 20 weke in sy moeder se buik gegroei het?  Of kan ons 'n ander  oomblik  noem  waarop  dit wat in die vrou se buik groei 'n mens word?

Wanneer ons na die HERE luister, wanneer ons na die Skepper  luister  is  duidelik  dat  'n mens vanaf die bevrugting 'n mens  is.   Wanneer  na die gemeenskap 'n saadsel die eisel binnedring  het  'n  mens  ontstaan.  Dan het 'n mens begin  groei.   Dis  Job  wat  in baie moeilike omstandighede juis daarop hom teenoor die HERE beroep. Ons lees dit in Job 10.  Dan bely hy o.a: "Bedink tog dat U my soos klei gevorm het,   en wil U my tot stof laat terugkeer? Het U my nie soos melk  uitgegiet  en  my  soos  kaas laat dikword nie?  Met vel en vlees het U my beklee,  en met beendere en senings het U my  deurvleg." (vers 8-10)

Jy  moet  mooi  daarop let dat Job bely dat die HERE hom as  melk uitgegiet het en soos kaas laat dikword het.  Die uitgieting van die melk is die beeld van manlike saad, van die sperma  wat die man verlaat en in die vrou inkom.  Die kaas wat  die  HERE  laat  dikword het is die beeld dat die HERE  daarvoor  gesorg  het dat die bevrugting plaasgevind het en daardeur 'n mens ontstaan het wat nou verder sal groei. Dit  is  die  HERE  wat  dit gedoen het.  Hy het so 'n mens laat onstaan.   In  Psalm 139 word oor hierdie werk van die HERE  gejubel.  Dat Hy dit is wat vir die wonder van die lewe gesorg het. Dat Dawid mag bely dat hy vanaf die bevrugting 'n mens was wat deur die HERE gemaak is en onder Sy beskerming gestaan het.  Dawid is daaroor verruk.  Hy skryf onder leiding  van  die  Heilige  Gees:   "My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe; dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar  is dan vir my u gedagtes,  o God!  Hoe geweldig is hulle volle som nie!" (vers 15-18)

Die  menslike  lewe  ontstaan  by  die  bevrugting  en geen oomblik later nie.  Dan leef 'n mens. 'n Hulpelose mens wat in  besondere  sin  liefde  en  beskerming  nodig het.  Dit beteken  ook  dat  ons  nadat ons gemeenskap gehad het geen  middele  mag  gebruik  wat die eisel wat moontlik bevrug is nog  laat afdryf.  Dit beteken ook dat ons in geen geval 'n voorbehoedmiddel   teen  swangerskap  gebruik  wat  hierdie werking het nie.

Dit  is  nodig  dat die ongebore lewe deur  die  wet en die owerheid  beskerm  word.   Dat aborsie verbied word behalwe wanneer  die lewe van die moeder ernstige gevaar loop.  Dit sou nie reg wees wanneer ek nou nie meer sou sê nie.

Dit  gebeur  dat  in ons samelewing,  veral onder ons swart  landgenote  dogters wat baie jonk is swanger raak.  Dit gebeur  dat  landgenote  wat baie arm is weer swanger raak en dit  beteken  dat nog 'n mond kos moet kry van die baie min  inkomstes wat daar is.  Juis die kerk van Christus in hierdie  land  sal naas die protes teen aborsie 'n toevlugsoord vir hulp en troos moet wees.  Ons moet daarop gerig wees om vroue  en  tieners wat in moeilike omstandighede swanger is te  help.   Ons  hulp  mag dan nie by die grense van 'n sekere groep of kerk ophou nie. Laat ons deur die liefde van Christus vol liefde  wees vir alle mense ook vir elke mens wat nog nie gebore is nie. Dan bewys ons liefde in die middel van ons lewe.

Dit  sou goed wees wanneer vanuit hierdie simposium ook die hulpverlening  aan  vroue  wat  in  moeilike  omstandighede swanger word 'n hupstoot sou kry.  Dat ons hulle regtig via 'n  organisasie met raad en daad bystaan en so help dat die  verleiding tot aborsie vir hulle minder word.

 

         

Bespreking indikasies

         

Ek het gesê dat vanuit die Bybel aborsie net toelaatbaar is wanneer  die  moeder  se lewe ernstig gevaar loop.  Dit sal goed  wees  om te sien hoekom dit gesê word en om te kyk na ander indikasie wat aangevoer word om aborsie toe te laat.

         

1. Mediese indikasie

         

Hieronder verstaan ek die indikasie waarby medies vasgestel is  dat die kind 'n akute gevaar vir die lewe van moeder is  of  dit sal word wanneer hierdie kind verder sal groei.  Ek  besef  dat dit selfs so is dat dit ook met die moontlikhede  van mediese sorg in sekere gebiede en omstandighede te doen het.  Wat in die een gebied lewensbedreigend is, is dit nog nie  in  'n  ander  gebied,   omdat in die een meer mediese  moontlikhede is as in die ander.

Die  vraag waarvoor ons nou staan is of ons tussen twee lewens mag kies en daarom een van hulle mag doodmaak.  Is dit vir 'n mens geoorloof om die ongebore kind te dood om daardeur  die ma se lewe te red?  Wanneer ons oor hierdie vraag  nadink  moet  ons  mooi  bedink dat ons ook 'n besluit neem wanneer ons niks doen nie. Dan het ons besluit om die ma te laat sterwe. Veral vanuit die Rooms-katolieke kerk word gesˆ dat ons nooit 'n ongebore kind mag doodmaak nie. Ook nie wanneer  dit die moeder se dood sal beteken nie.  Mense wat dit sˆ praat van die absolute eerbied vir die lewe.

Hoe aantreklik dit lyk om in die stryd teen aborsie oor die absolute  eerbied  vir  die  lewe  te praat nogtans sal ons daarin  ons  krag  nie  moet soek nie.  Die Bybel leer geen absolute eerbied vir die lewe nie.

1. Absolute eerbied moet ons nie vir die lewe wat geskep is hê nie maar vir die Skepper van die lewe. Vir God. Hy heers oor die lewe.

2.  Die Skepper, die HERE het aan die mens die reg gegee om sekere  vorme  van  lewe  onder sekere omstandighede aan te tas. Hy mag plantaardiglewe vir voedsel gebruik. (Gen 1:29) Na  die  sondvloed  staan die HERE die mens toe om dierlike lewe  as voedsel te gebruik.  (Gen 9:3)  Die HERE staan die mens  ook  toe  om  in sekere gevalle die lewe van 'n ander mens  aan te tas.  Voorbeelde daarvan is Genesis 9:6 en Romeine 13:4.

Gen  9:6:  "Hy wat die bloed van 'n mens vergiet,  sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy  beeld gemaak."

Rom  13:4  "Want  die  owerheid is 'n dienaar van God,  jou  ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie,  want hy is 'n dienaar van God,  'n wreker om die een wat kwaad doen, te straf."

Die beste vertaling wat ons van die sesde gebod kan gee wys ook  daarop dat die HERE geen absolute eerbied vir die lewe van  ons  eis.  Die beste vertaling is:  "Jy mag nie wederregtelik  doodmaak nie".

3.   Ons lees in die Bybel ook dat 'n mens sy lewe in diens  vir die HERE mag en somtyds self moet opoffer. 'n Voorbeeld van  so'n  opoffering  sien  ons by Simson.  (Rigters 16:28 e.v.)  Christus self sê:  "Want elkeen wat sy lewe wil red,  sal  dit  verloor;   maar  elkeen  wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind." (Mat 16:25 sien ook Lukas 14:26)

 Ons  kan  nie  van absolute eerbied vir die lewe praat nie.  Wanneer  die  lewe van twee mense gevaar loop mag ons kies. Dan sal in die gevalle waaroor ons vandag praat amper altyd vir  die  lewe  van  die  ma gekies word omdat sy mense het waarvoor  sy  moet  sorg.   Dan  sal  ons sorgvuldig en verantwoordelik moet kies.

         

2. Eugenetiese indikasie

         

Hierdie indikasie word gebruik om aborsie te regverdig wanneer  'n  gestremde  kind  verwag word.  Ek sal die leed en probleme  nie ontken wat die geboorte van 'n gestremde kind kan  beteken  nie.  Nogtans moet ons bedink dat dit 'n mens  is. Hoe sou ons houding wees wanneer 'n vader sou sê dat hy  sy 6 jarige seuntjie dood sal maak omdat hy gestrem is? Dan sê ons tereg dat dit moord is,  dat dit nie mag gebeur nie. Die  ongebore  kind  wat  gestrem  is,   is 'n mens wat ons beskerming  verdien.   Die  HERE  gee ons nie die reg om op grond  van  die  kwaliteit  van die lewe mense dood te maak  nie.   Ons  het nie die reg om mense,  dus ook die ongebore  kind,  dood te maak omdat volgens ons die kwaliteit van die lewe laag is.

Volgelinge  van  Jesus  Christus het juis die taak om hulle oor elkeen wat swak is te ontferm.  Om hulle liefde en sorg te bewys. Dit ook omdat elke mens met skuld en sonde gebore word.  Wanneer 'n kind gestrem gebore word is dit die skuld  van ons gesamentlike skuld en sonde. Ons het nie die reg om hierdie  lewe te beëindig nie maar die taak om hierdie mens met liefde en sorg te versorg.

         

3. Sielkundige-maatskaplike indikasie

         

Wanneer  van 'n sielkundige-sosiale indikasie praat,  praat  ons oor die welsyn van die moeder wat 'n ongebore kind dra. Ons moet die verskil tussen bestaan en welsyn raaksien. Dit kan  sekerlik  so  wees  dat  die swangerskap 'n vrou in 'n moeilike  posisie bring.  Dit kan wees dat ook vir haar eie man hierdie swangerskap die bewys van owerspel is,  dit kan  wees dat die koms van 'n kind groot finansiële probleme veroorsaak,   dit  kan  wees  dat  die  sorg  vir 'n kind die voortgang van studie of loopbaan ernstig versteur.

Die  versteuring van ons welstand kan nooit 'n rede wees om 'n mens dood te maak nie.  'n Sielkundige-sosiole indikasie mag geen rede wees hoekom aborsie toegestaan word nie.

     

4. Juridiese-indikasie

         

Wat  moet  ons doen wanneer 'n vrou verkrag word en sy raak  swanger?  Is dit dan reg om aborsie te laat pleeg?  Wanneer 'n  vrou  of  dogter  verkrag  word  is dit 'n vreeslike en onmenslike  daad.   Dit lê 'n swaar las op die slagoffer en sorg  baie  keer  vir 'n trauma.  Ons mag dit nooit vergeet nie. Ons moet ook steeds raaksien dat die verkragter sonder  toestemming in die vrou ingedring het.  Hy het sonder toestemming van die vrou sy saad in haar liggaam gebring.  Juis daarom  verdien  die vrou wat slagoffer van verkragting geword het ons hulp, ons mededoë, ons hulp. Daarom is dit ook ons  taak  om so 'n dogter of vrou so gou as moontlik by 'n dokter  te  bring  sodat sy die verkragter se saad uit haar skede kan laat spoel.

Wanneer  na 'n rukkie nogtans duidelik word dat die slagoffer  deur  die  verkragter bevrug is,  wat moet dan gebeur?  Moet  ons  dan  sê  dat  sy  die  ongebore  kind  moet laat aborteer?   Gevoelsmatig  kan  elke  mens  hierdie  reaksie  verstaan.  Nogtans moet gesê word dat ons dan 'n belangrike ding  vergeet.   Eintlik  sê  ek dit nou nog verkeerd.  Ons vergeet dan 'n belangrike persoon. Ons vergeet die mens wat  in die vrou se moederskoot groei. Die ongebore mens was nie skuldig aan die verkragting nie.  Wanneer die ongebore kind gedood word, het hy ook slagoffer geword. Die omstandighede vir die vrou of dogter wat verkrag is, is baie moeilik. Ons  sal  haar juis moet ondersteun,  ook op die weg na die aanvaardig  van  die  swangerskap en die kry van hierdie kind.  Hierdie nuwe lewe mag tog ook ons beskerming ontvang?

Dis  belangrik dat ons bly raaksien dat ons eerbied vir die lewe, ook vir die ongebore lewe moet hê, omdat God die lewe gee. Wanneer ons die lewe nie meer beskerm het ons 'n hoeksteen  van  die  samelewing  aangetas.   Mag God Hom oor ons ontferm.