Openbaring 12

25-06-2014 22:15

SKETS 9 OPENBARING 12        

         

 Die sewende basuin

 

Christus  het  gewys hoe allerhande oordele van God oor die  wêreld  sal  gaan.   Juis  om die bewoners van die aarde te waarsku en hulle tot bekering te beweeg. Jesus Christus gee  die boek Openbaring nie net om ons daarop te wys dat God se  oordele oor die wêreld gaan nie. Hy bemoedig Sy kerk juis in hoofstuk  11.  Ondanks ellende en vervolging sal die duiwel  die kerk nie regtig dood kan maak nie.  Die Here sorg daarvoor dat Sy kerk altyd weer sal opstaan.  Hy maak self waar wat  Hy in Mat 16:18 gesê het:  "die poorte van die doderyk  sal my gemeente nie oorweldig nie."

 As Christus dit gesê het,  sien Johannes dat op die sewende   basuin  geblaas  word.   Dit beteken dat die dag van laaste  oordeel aangebreek het.

Dit  kan ons duidelik in vers 15 lees as daar gesê word dat   alles die eiendom van God en Christus geword het. Alles wys nou  daarop dat elke teenstand teen die HERE en Sy Gesalfde  verbreek  is.  Die tyd het aangebreek dat elkeen wat geleef het, geoordeel sal word. Sien vers 18.

Ons  lees  in  vers 19 van die tempel in die hemel wat oopgaan. Die dag van die laaste oordeel is ook die dag dat die HERE  uit  die  hemel,  uit Sy tempel na die aarde kom.  Sy  troon sal op die aarde,  onder die mense staan.  Die ark in die  tempel was in die tyd van die Ou-Testament die simbool van God se troon op aarde.  Die Allerheiligste was die HERE  se troonsaal op aarde.  In die hemel was op'n besondere manier  Sy  troon en woonplek.  Nou gaan die hemel oop en kan

Johannes,   kan Christus se kerk selfs God se troon met eie oë sien.  Op die dag dat op die sewende basuin geblaas word daal  die  nuwe  Jerusalem uit die hemel op die aarde neer. Dan  gebeur  wat  ons in hoofstuk 21:3 lees:  "En ek het 'n  groot stem uit die hemel hoor sê:  Kyk,  die tabernakel van  God is by die mense,  en Hy sal by hulle woon, en hulle sal  sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God."

 Dit word begelei met die laaste oordele van God wat oor die  wêreld  gaan.Die laaste oordele,  weerligte en stemme en  donderslae en aardbewing en groot hael, kom nou nie meer om mense te waarsku, om hulle tot bekering op te roep nie maar om die pad vir God op hierdie wˆreld vir altyd te baan.  Om  hulle  wat nie met Christus geleef het vir altyd te veroordeel en vir altyd van die aarde te verwyder.

        

          Christus kom!

         

 Nadat  Christus ons op die dag van die laaste oordeel gewys  het,   gee  Hy in hoofstuk 12 'n oorsig van die geskiedenis  van die kerk. Dit gaan om die kerk soos diŠ op aarde lewe.

Johannes sien aan die hemel 'n groot teken verskyn. Hy sien  'n vrou. Wie is hierdie vrou?

Dis  die  kerk.   Dit gebeur re‰lmatig dat vir die kerk die  beeld van die vrou gebruik word. Voorbeelde daarvan kan ons vind in: Jes 54:1; Hosea 2; 2 Kor 11:3; Ef 5:32.

Van die kerk word heerlike dinge gesê.  Sien psalm 87.  Die  vrou,   die kerk beskik oor son en maan.  As die HERE in Sy  trou  die  kerk  help,  gebruik Hy selfs son en maan.  Sien Rigters 5:20 en Josua 10:12-14.

 Die  kroon  van  die 12 sterre rondom haar kop herinner ons aan die 12 seuns,  die twaalf stamme. Hulle was die stamvaders  van  Israel.   Die twaalf sterre herinner ook aan die Josef se droom waarby maan, son en 11 sterre voor hom buig.  Sien  Gen  37:9.  Die kerk is vanuit die 12 seuns van Jakob  gegroei.  Die getal twaalf wys op die hele kerk. Die twaalf  apostels  is  in Jesus se tyd die verteenwoordigers van die  kerk.   In  die  nuwe Jerusalem kan ons die name van die 12 stamme en die 12 apostels lees. Sien Openb 21:12-14.

Die vrou in vers 1,2 is die kerk van die Ou-Testament. Haar  taak  is om die Christus,  om die Verlosser voort te bring. Die kerk van die Ou-Testament,  die kerk na die sondeval is vanweë die HERE se belofte in Gen 3:15 swanger. God se volk  sal die beloofde Verlosser voortbring. Sien ook Miga 5:2 en  Rom 9:5.

 

          Die Satan se vyandskap

         

Die  Satan wil alles doen om te verhinder dat die Verlosser in  die wêreld kom.  Die vyandskap tussen die duiwel en God  se volk sien Johannes in vers 3,4. Hy sien hoe die kerk van die  Ou-Testament  en die duiwel teenoor mekaar staan.  Die duiwel  se werk word deur die vyandskap teen die HERE en Sy volk beheers.

Die duiwel is magtig. Hy staan as  'n magtige draak teenoor die  vrou.  Sy mag word aangedui deurdat dit 'n draak met 7  koppe en tien horings is. Hy dra op die 7 koppe selfs nog 7 krone.   Sy  mag op die wêreld is baie groot.  Sien vir die  draak met 7 koppe en tien horings ook Dan 7:7;  8:10. Hierdie draak het in die wêreld groot aansien en mag. Sy mag is  'n  mag wat op vernietiging gerig is.  Daarop wys sy kleur. Hy  is vuurrooi.   Hy soek bloed,  hy is bloeddorstig.  Die  draak  se  mag word nog onderstreep deur die mededeling dat  hy 'n derde van die sterre meesleep en op die aarde gooi.

 Sy vyandskap is in die Ou-Testament op God se volk gerig om  te voorkom dat die Christus gebore sal word.

         

         Christus kom en vaar op

       

 In  vers 5  lees ons hoe die koms van Christus en Sy werk in een  sin  opgesom  word.  Hy word gebore.  Die duiwel staan  klaar om die Here Jesus te verslind. Hy kon nie voorkom dat die  Verlosser  gekom  het  nie,  nou gaan Hy al sy energie  gebruik  om  te  verhinder dat Hy Sy taak volledig kan uitvoer.

Dit  kry die duiwel nie reg ondanks dat hy al sy energie en  mag  gebruik nie.  Die duiwel is die owerste van die wêreld  wat  met  Christus op aarde stry.  Tydens Sy lewe kan Jesus  Christus  al  met  sekerheid sê:  "Ek sal nie veel meer met   julle  spreek nie;  want die owerste van hierdie wêreld kom  en het aan My niks nie." (Joh 14:30)

As Jesus Sy taak volbring het vaar Hy as die Oorwinnaar op. Hy is dan die Koning wat wys dat Hy die duiwel verslaan het  en Sy troon in die hemel bestyg.  Die kind wat uit die vrou gebore is,  is die Koning van die konings. Sy mag is groter  as  die  mag van die owerste van die wˆreld.  Hy regeer die  nasies  met  'n  ysterstaf.  Niemand  kan  Sy regering verontagsaam nie. Sien  Psalm 2:9 en Openb 2:27.

         

         Die kerk bly agter

        

Jesus  Christus is deur God opgeneem,  van die aarde weggeruk.   Hy is nie meer by God se volk op aarde nie.  Dit kan lyk  asof  die kerk nou geen kat se kans meer het nie.  Hoe  kan die kerk nou sonder Christus op aarde bly bestaan.  Die duiwel  bly  op aarde as die groot draak,  sy mag is soveel  groter as die mag van die mense wat die kerk vorm.

Na  Jesus se hemelvaart dat die duiwel nie meer die owerste van die wêreld is nie.  Die HERE stuur die geskiedenis soos Hy  wil.   Hy  sorg daarvoor dat die kerk uiteintlik onaantasbaar is. Dit is so deur Sy beskerming. Dit word aangedui deur die woestyn waar die vrou na toe vlug.  Die woestyn is  'n  droë  gebied  waar  baie mense nie in lewe kan bly nie. Waar allerhande gevare dreig.  Selfs so'n gebied word onder  Christus se beskerming 'n plek van veiligheid,  'n plek van  vrede.

Dit  sien  ons  as die volk Israel 40 jaar deur die woestyn  moet trek. Die HERE sorg daarvoor dat hulle in die beloofde  land  kom.   Die  woestyn  dui ook aan dat Christus se kerk  altyd  volledig  van  Sy beskerming afhanklik is.  Sien Eks  23:20; vergelyk Jes 40:3; Jer 2:6; Hos 2:13

Christus  bewaar  Sy  kerk 1260 dae in die woestyn.  Dis 42   maande, 3 en halwe jaar. Dit dui simbolies op die tyd van Christus se  hemelvaart tot Sy terugkeer.

            

         Oorlog in die hemel

         

 Jesus  het in die hemel gekom.  Die duiwel kon Hom nie keer  nie.   Hy  moes  Hom deur die gebied wat veral sy gebied is vrye toegang gee. Sien Ef 6:12.

Nogtans wil die duiwel die stryd nie opgee nie. Hy versamel op  die  dag  dat die Here Jesus na die hemel gegaan het sy  hele  leër.  'n Magtige leër van duiwele,  van bose geeste.  Hulle trek teen die hemel op en gaan selfs die hemel binne.  Hy wil nou Christus uit die hemel haal,  Hom as koning onttroon.

Teenoor die duiwel se le‰r staan die hemelse leër. Die aanvoerder  van  hierdie  le‰r  is  Migaël.   Sien  ook Daniël 10:13,21;  12:1 en Judas 9. Die duiwel wat 'n laaste despeate poging doen word teruggedring.  Hy kan nie teenoor God se  leër  standhou  nie.   Dit  was  die laaste keer in die

 geskiedenis dat hy in die hemel kon kom.  Hy word nou definitief  uit  die  hemel gesit.  Die dag van Christus se hemelvaart  bring  die  vervulling van wat Jesus in Joh 12:31 gesê het:  "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld,  nou  sal die owerste van hierdie wˆreldbuitentoe gedryf word."

Die hemel is vir altyd van die duiwel bevry.

         

         Die hemel juig

         

 Dit is 'n groot bevryding vir die hemel dat die duiwel daar  nie  meer  kan kom nie.  Hy kon voor Christus se hemelvaart  elke dag in die hemel kom.  Voorbeelde daarvan in die Bybel  is: Job 1,2 en Sagaria 3.

Nou  word nog net God se stem en die lof op Sy naam gehoor. Die  gemene en sondige stem wat die hemel besoedel word nie  meer gehoor nie.  Niks versteur in die hemel nog die lof op  God en Christus nie.

Nou word die definitiewe oorwinning op die duiwel duidelik.  Nou  word  duidelik dat die gelowiges die groot oorwinnaars  is. Die groot oorsaak van hulle oorwinning lê nie in hulleself nie. Dit lees ons in vers 11: "En hulle het hom oorwin deur  die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis."  Christus  se bloed is die fondament vir die oorwinning, vir werklike bevryding. Sien ook Eks 12:13,23.

Omdat  die  gelowiges  van Christus se werk getuig en in Sy  naam die duiwel bestry kan die duiwel hulle nie uit die hemel hou nie.

         

          Die duiwel rig al sy aandag op die aarde

         

 Die hemel juig.  Die hemel juig nie oor die aarde nie.  Die  mense wat op die aarde lewe sal dit moeiliker kry. Die duiwel  sal nou al sy aandag en energie op die aarde rig.  Dis  nie  net  so  dat die duiwel sy aandag nog net op die aarde  kan rig nie.  Hy is ook woedend omdat hy nou definitief van Christus verloor het.

Hy  kan  Christus  nie  meer  verslaan  nie.  Daarom wil hy Christus se werk soveel as moontlik aantas. Hy wil Christus se kerk aanval.  Hy wil dit die kerk so moeilik as moontlik  maak en so die kerk so klein as moontlik hou of maak.  Dis  Christus  wat  ons daarvan verseker dat die duiwel dit ondanks  sy  grimmige vyandskap sy doel nie sal bereik nie. Die  duiwel vervolg die kerk wat die Verlosser voortgebring  het.   Dit  kan lyk asof die duiwel besig is om die kerk te  vernietig  maar die vrou,  die kerk kry twee vlerke waarmee  sy aan die dodelike gevaar kan ontsnap.

By  die  uittog van God se volk uit Egipte uit lees ons ook van die agtervolging van die volk.  Sien Eks 14:  8-23. Dan  is dit die HERE wat water gebruik om die mag van die duiwel te vernietig.  Hy lei dan Sy volk na die woestyn as ’n plek  van  veiligheid.   Sien  Eks 19:1,2.  Die HERE gebruik sy  vlerke om Sy volk te beskerm. Sien Deut 32:11,12.

Ons  lees in hierdie gedeelte van Openbaring 12 wat ons ook in  1 Petrus 5 lees:  "Wees nugter en waaksaam,  want julle  teënstander,   die  duiwel,  loop soos 'n brullende leeu en  soek wie hy kan verslind." vers 8

 As  die  kerk  steeds weer by die Drie-enige God beskerming soek,   kom die duiwel met geweld en verleiding om die kerk  te  vernietig.  Water,  oorstroming bedreig die vrou in die   woestyn.  Dit is 'n beeld van bedreiging wat dikwels in die  Skrif gebruik word. Sien o.a: Psalm 18:4 e.v.; 42:8.

 Die HERE sal daarvoor sorg dat die bedreiginge van die duiwel  deur Hom opgevang word.  Dis die HERE wat selfs in die grootste  gevaar Sy volk nie aan die bedreiging oorgee nie,  die bedreiging kan Sy volk nie saamsleep nie. So sê die HERE in Jes 43:2:  "As jy deur die water gaan,  is Ek by jou;  en  deur die riviere - hulle sal jou nie oorstroom nie;  as  jy  deur die vuur gaan,  sal jy jou nie skroei nie;  en die  vlam sal jou nie brand nie." Sien ook Psalm 32:6.

 

 

         Vrae wat by die bespreking gebruik kan word

         

1.   Watter betekenis het 11:18 vir christene wat vandag op  hierdie  wêreld lewe?  Bestudeer ook artikel 37 van die Nederlandse  Geloofsbelydenis.   Hoe kan die veroordeling van die goddelose nou troos vir die gelowiges wees?  Is dit nie sadisties nie?

2.   Watter  lyn  kan  'n  mens  in die geskiedenis van die  Ou-Testament  sien waarby die HERE die koms van die Verlosser veilig stel?

 3. Op watter maniere probeer die duiwel in die Ou-Testament om te voorkom dat God se volk die Verlosser kan voortbring? Het  dit  vir ons vandag ook nog betekenis om te herken hoe  die duiwel vandag werk?

4.  Hoe probeer die duiwel om Jesus tydens Sy lewe op aarde te verslind? Wat kan ons daarvan vandag leer?

5.   Wat  het die duiwel in die hemel gedoen voordat hy vir  altyd daaruit gegooi is?

6.   Gee  aandag aan vers 17.  Watter betekenis het hierdie vers  vir  die vraag waar 'n mens die ware kerk kan vind en  wat 'n egte gelowige is. Sien vir die innige verband tussen  ware kerk en ware gelowige ook artikel 29 NGB. Lees die hele artikel en nie net die eerste gedeelte nie!