Resensie Christelijke Dogmatiek van den Brink - van der Kooi

13-08-2013 20:20

Tijdens my studieverlof het ek o.a. de Christelijke Dogmatiek van van den Brink en van der Kooi gelees.  Op verzoek van die blad Kompas het ek 'n rensensie van ongeveer 1500 woorde van hierdie boek geskryf. Jy vind dit hieronder. 

 

 

CHRISTELIJKE DOGMATIEK

 

AS EK EERSTE HOOFSTUK 13  GELEES SOU Hê.

 

Oktober 2012 het ’n nuwe dogmatiek in Nederland verskyn. Die skrywers is dr G. van den Brink en dr C. van der Kooi. Dit was ’n groot gebeurtenis waaraan baie aandag gegee is. Hierdie dogmatiek is gepresenteer as ‘lojaal aan die ortodoksie’. p. 13. Nogtans wil dit ook oopstaan vir alle vrae wat  vanuit die wêreld van vandag gevra word. Die wêreld van die 21e eeu.

Is dit ’n dogmatiek wat ons in die plek van die van Heyns of van Genderen en Velema kan gebruik?  Is hierdie dogmatiek daarvoor ’n goeie vervanger en help dit ons verder? Dis belangrike vrae waarop ek die begin van ’n antwoord wil gee. Ek formuleer hier met opset so versigtig omdat dit hier om ’n eerste leeservaring gaan. Ek kan op baie punte nou nie ingaan nie. Dit is nou ook nie moontlik om op allerhande dinge in hierdie dogmatiek diep in te gaan nie. Die naam van hierdie dogmatiek is: Christelijke Dogmatiek. Hierdie boek tel 722 bladsye.

 

’n Opmerking by die titel van hierdie resensie

 

’n Mens is dikwels geneig om in ’n oorsig van die christelike leer eers te kyk wat oor die Bybel en die gesag van die Skrif geskryf word. Dit is baie keer beslissend vir die inhoud van die dogmatiek. Die hoofstuk oor die Bybel en die gesag daarvan is in hierdie boek hoofstuk 13. Die 13e van 16 hoofstukke. Ek het besluit om nie eers hierdie hoofstuk te lees nie. Om die skrywers in hulle betoog te volg. Bepaalde kollegas wat  besig was om hierdie boek te lees het gesê: Rob gaan tog eers hoofstuk 13 lees. Ek het dit geweier en gesê dat hulle ook nie vir my moet vertel wat daarin staan nie.

Ek is bly dat ek dit so gedoen het. As ek eerste hoofstuk 13 sou gelees het, was die kans baie groot dat ek nie die hele boek sou gelees het nie. Dan was dalk die teleurstelling so groot dat ek met groot moeite dalk ander dele sou gelees het. ’n Mens hoop op ’n dogmatiek in die Nederlandse en Afrikaanse taalgebied   waarin vanuit die onfeilbare Woord van God  die hele leer in die huidige wêreld  gepresenteer word. Waarin juis vanuit ’n diepe kennis van die Woord die gees van die tyd beoordeel word en God se kerk die pad gewys word. Waarin mense magtig in die Skrifte vanuit die Skrif as die suiwere stem van God perspektiewe  vir Christus kerk in die 21e eeu open. Onder andere op hierdie punt is hierdie boek vir my ’n teleurstelling. Ek is nogtans bly dat ek hierdie boek gelees het. Ek kom sowel op die kritiek as op die waardering in die vervolg terug.

 

Waardering

 

Van den Brink en van der Kooi is deskundiges. Hulle het dit in eerder publikasies van hulle hand al gewys. Hulle doen dit ook in hierdie boek.

Een van die groot verdienstes van hierdie boek is dat hierdie 2 skrywers weet wat aangaan op die terrein van die dogmatiek. Hulle ken ook baie goed die gees van ons tyd. Hulle gee vir jou mooi oorsigte hoe oor allerhande dinge wat by die Christelike leer behoort in kerke gedink word en wat daarvan die invloed is. Ons kan daarvan baie leer. Op hierdie punt is hierdie boek ’n verryking as jy dit met o.a. Heyns en Genderen/Velema vergelyk.

’n Ander punt wat ek as baie positief wil aanwys is die manier waarop hulle dinge beskryf. Hulle doen dit so dat nie een of ander teologiese geheimtaal geskryf word nie. Nee, hulle probeer om die dinge so te beskryf dat nie net teoloë dit kan lees en verstaan nie. Ek meen dat hulle baie goed daarin geslaag het om die dinge verstaanbaar vir baie op te skryf. Dit is iets om baie dankbaar vir te wees.

Ek wil ook my waardering daarvoor uitspreek dat van den Brink en van der Kooi vanuit die geloof die Christelike leer wil beskryf. Dit is nie so dat hulle een of ander wetenskaplike afstand neem en dan ’n baie afstandelike beskrywing van de Christelike leer gee nie. Hulle is as mense daarby betrokke. Jy merk dit in die manier waarop hulle skryf. Ek gee hier een voorbeeld van die betrokkenheid en die helderheid wat in hierdie dogmatiek deurklink: “Het is daarom eigenlijk te weinig wanneer we de tijd van Pinksteren tot wederkomst een tussentijd zouden noemen. Dat woord kan immers de suggestie wekken dat ons bestaan enkel een soort interim vormt, een wachtkamer voor de eeuwigheid. In een dergelijke benaming klinkt te weinig de actieve verwachting door waartoe Jezus zelf in zijn gelijkenissen de leerlingen opriep. De gelijkenis van die tien schrandere en tien domme meisjes (Matt 25:1-13) en die van de talenten (Matt 25:14-30), volgend op de rede van de laatste dingen (mat 24), laten zien waartoe de hoorders van het evangelie worden aangespoord: waakzaamheid. Niet een leven dat wegsukkelt in slaperigheid, verveling en tijd verdrijven, maar een leven van actieve verwachting en concrete gehoorzaamheid. Naar het besef van het Nieuwe Testament leven we nu in de laatste dagen op weg naar de voleinding. Dat eschatologisch bewustzijn verdween niet na Pasen, maar werd door de ervaring van de Geest eerder nog versterkt. De tijd waarin we leven is gestempeld door het feit dat God zijn Heilige Geest  heeft uitgestort en de verzamelde leerlingen (Hand 2:4) en hen zo bekrachtigde met het oog op hun roeping in de tijd. ” P. 650..

 

Nogtans

 

Tog is by my ‘n duidelike nogtans.  Hierdie Christelike Dogmatiek bring ons iewers tot ’n soort midde-ortodoksie. ’n Posisie waarin ons as Christene ons nie volledig aan die Woord van God oorgee nie maar ook die wêreld en die wetenskap so laat saampraat dat meerdere keren die Woord van God gesag moet inlewer. Die verlossing deur Christus staan vas maar verder word tog baie ruimte gelaat. Meer ruimte as die Gees ons deur die Woord gee. Jy sien in hierdie Dogmatiek dan ook dat die belangrikste gesprekgenote ,dikwels ook in positiewe sin,  is: Karl Barth,  Hendrikus Berkhof en Berkouwer.

Ek gee hieronder enkele voorbeelde van wat ek hier bo as tipering gegee het.

a. As dit om die skepping gaan word nie bely dat Adam die eerste mens was nie. Word ook nie daaraan vasgehou dat die twee eerste mense wat die HERE geskep het en wat van die boom van kennis van goed en kwaad geëet het Adam en Eva is nie. Hier is vir van den Brink en van der Kooi nie die Bybel beslissend nie maar die huidige wetenskaplike teorievorming. Hulle wil daaraan vashou dat de HERE die mens goed geskep het en dat daarna die sonde gekom het. Hulle beskryf die proses van die sondeval dan so: “Wanneer wij volhouden dat schepsel-zijn en zondaar-zijn in de mens niet samenvallen, betekent dat dat we moeten vasthouden aan de notie van de zondeval. ……. Hedendaagse wetenschappelijke theorievorming over het ontstaan van de menselijke soort maakt het niet eenvoudig, maar ook niet onmogelijk zich een dergelijke historische zondeval voor te stellen. De ‘monogenetische hypothese’, volgens welke de menselijke soort teruggaat op een enkel mensenpaar, heeft het afgelegd tegen het ‘polygenisme’: de oorspronkelijke poputatie bedroeg naar het zich laat aanzien minstens zo’n 5000 a 10.000 mensen. Deze deelden echter wel een gemeenschappelijke biotoop en een gemeenschappelijke goddelijke bestemming (vgl. Rahner 1967) Met de bewustwording van die bestemming ontstond ook de mogelijkheid  er willens en wetens van af te wijken. Dit wegvallen van de eerste ‘echte’ mensen uit Gods bedoelingen  door de keuze op eigen benen te willen staan  en zich te laten leiden door dierlijke driften  in plaats van  goddelijke roeping, is ons inziens  de kern van de  menselijke zondeval  waarover Gen. 3 in zulke krachtige beelden spreekt. p. 277,278 Hier word een knieval vir menslike wysheid gedoen wat heeltemal in stryd kom met die skep van die eerste twee mense en die sondeval deur hierdie twee mense. Sien ook Rom 5. Ek verwys hier na J.P. Versteeg “Is Adam in het Nieuwe Testament een leermodel” en wat ek self geskryf het in: “Kan ons nog aan Adam en Eva glo?”

b. ’n Tweede voorbeeld is hoe van den Brink en van der Kooi self oor die Skrif skryf. Oor daardie hoofstuk sou baie in kritiese sin geskryf kon word. Van den Brink en van der Kooi pleit vir ’n teologiese interpretasie van die Bybel. Dit beteken dat  die kerk erken dat dit in die Bybel om God en Sy verlossing deur Christus gaan. Maar daarby kan jy ook gebruik maak van metodes wat  krities  teenoor wat die Bybel as waargebeurde geskiedenis presenteer staan en mag jy ook gebruik maak van allerhande metodes  wat nie uitgaan van die gesag van die Skrif as die Woord van God. Dit is ook opvallend hoe min die Bybel in hierdie hoofstuk die Woord van God genoem word. Dit is ook baie opvallend dat in die hele hoofstuk oor die Skrif nie een keer die volgende Woord van die Gees genoem word nie: “Terwyl julle moet weet, dat geen profesie van die Skrif  ‘n saak van eie uitlegging  is nie; want  geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het heilige mense van God gespreek.” 2 Petrus 1:20,21

 

Ek moet vanweë die ruimte wat my toegestaan is, afsluit terwyl ek nog baie sou wil skryf. Hierdie Christelijke Dogmatiek is prinsipieel geen waardige opvolger van Heyns of  van Genderen/Velema nie. Hierdie boek is wel ’n gebeurtenis wat ons daarby bepaal dat vir die gereformeerde teologie in de Nederlandse-Afrikaanse taalgebied nog ’n groot taak wag. ’n Dogmatiek wat vanuit die diepe eerbied vir die Skrif, wat in en oor alles gesaghebbend is omdat dit die Woord van God is,  in rapport met die 21e eeu die leer van die Skrif presenteer. Dit sou goed wees as ’n kongres of boek van gereformeerde teoloë wat so werk elke hoofstuk van hierdie boek sou verwerk en daarop reageer. Ek sou daarvan graag deel wees. Om so mekaar te stimuleer om Christus se kerk in die 21e eeu  met ’n duidelike boodskap te wees.    

    

Ds Rob Visser