ONRUS EN RUS VAKANSIEMYMERING 2016 (2) 21 JUNIE

ONRUS EN RUS  VAKANSIEMYMERING 2016 (2)  21 JUNIE

 

ONRUS EN RUS

 

Dit was ons plan om vanoggend mense anderkant die berg te besoek. Ons kry 'n oproep dat dit beter is om vandag nie te kom nie. Dit is te onrustig. Optogte word gehou wat maklik ook tot geweld kan lei. Die oorsaak is dat onder die lede van de ANC in Pretoria verskil  oor die kandidaat vir die verkiesing van burgemeester bestaan. Dit lei selfs tot skietery. As 'n mens dit sien en hoor raak jy so hartseer. As jy weet hoe groot die moontlikhede is in hierdie pragtige land ismaak dit so seer wanneer afgebreek word pleks opgebou. Jy leer dan ook weer bid vir hierdie land en sy mense. HERE ontferm u oor die mense in Suid-Afrika. Leer ons saam bou aan 'n blink toekoms vir hierdie land. Laat ons saam swart, bruin en wit saamwerk en daaraan werk dat al hoe meer mense kan werk vind. Dat mense al hoe meer raaksien dat hul lewe sinvol is en dat hulle toekoms het. HERE ontferm u oor hierdie land en gee vrede en laat die onrus al hoe meer verdwyn! Saam werk tot opbou hoe goed sal dit wees! 

Die onrus is altyd maar weer in mense se hart. Die regte rus gee vrede. Die regte vrede leer om rus te vind ook as dit in die oë van ander dom is wat jy doen. Gister het ek iets gelees wat my baie getref het.  Dit het gegaan oor die Skotse atleet Eric Liddell. Hy was die man waarvan sportkrywers in 1924 geskryf het dat hy op die Olimpiese Spele in Parys die 100 meter hardloop gaan wen. Hy het hard geoefen. Dan word duidelik dat hy  op  'n Sondag sal moet hardloop. Toe hy dit gehoor het, was sy antwoord dadelik: "Ek hardloop nie op 'n Sondag nie." Die Sondag was vir hom die rusdag wat die HERE vir  die mense gegee het. Die rus dat jy leef volgens die HERE se wil het vir hom bo alles gegaan. Ook bo 'n Olimpiese titel. Baie mense het met hom gaan praat. Dit sal vir die HERE tog nie 'n probleem wees as jy in hierdie spesiale omstandighede een keer op 'n Sondag hardloop nie!  Hoe kan jy net om jou geloof jou toekoms so verpes. Dan is jy mos dom en astrant! Die liefde vir die HERE het Eric Liddell steeds weer laat sê: "Ek gaan die Sondag nie ontheilig nie."  Hier sien 'n mens wat dit beteken wat ons lees in Fil 3:8: "Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry." 

Ons kan hiervan baie leer in ons tyd. Die wen op hierdie wêreld is nie die groot wins wat jy kan behaal nie. Laat onrus daaroor ons lewe nie beheers nie. Die onrus verdwyn as ons ons rus in Christus vind. 

Eric Liddell het gaan oefen vir die 400 meter hardloop omdat hy dan nie op Sondag moes loop nie. Hy het daarin tot sy verrassing Olimpies kampioen geword.