Preek Dordtse Leerreëls I,12,13 - Dordtse Leerregels I,12,13

Preek Dordtse Leerreëls I,12,13 - Dordtse Leerregels I,12,13

ORDE VAN DIENS

 

  1. Opening
  2. Vrede/Seëngroet
  3. Psalm 51:1,2
  4. Lesing van die wet
  5. Genadeverkondiging
  6. Psalm 145:10,12
  7. Skriflesing: Matteus 7:13-29
  8. Gebed
  9. Kollekte
  10. B. 16: 2,3,4,5,6,7
  11. Teks: Dordtse Leerreëls I,12,13
  12. Preek
  13. Psalm 1
  14. Dankgebed
  15. Psalm 17:1,2
  16. Seën

 

Broers en susters, geliefdes in die Here Jesus Christus

 

Die HERE sorg as ‘n liefdevolle Vader vir Sy kinders. Hy het in Sy onpeilbare goedheid Sy belofte van vergifnis vir ons gegee. Hy het Sy eie Seun gegee waaraan ons ons mag vasklem. As jy dit doen, sien jy hoe die Heilige Gees vrugte van die uitverkiesing in jou laat opbloei. So gee die HERE jou dan regtig rede om in die sekerheid van die geloof, van jou uitverkeising te groei.

Maar hoe staan dit met my as ek met my mond my geloof in Jesus Christus bely en ek kom trou na die verkondiging van die evangelie luister. Nogtans het ek met verskillende mense rusie, ek praat negatief oor ander, selfs so dat na enige tyd duidelik word dat dit wat ek gesê het selfs nie die ware feite was nie. Ek praat baie oor dit wat gereformeerd is maar in my lewe van elke dag doen ek allerhande dinge wat nie volgens die HERE se wil is. As ek dit by myself sien of ander spreek my daarop aan is my reaksie: Ek is nou eenmaal ‘n sondige mens. Ander mense moet hiervan nie baie sê nie want ook hulle is verseker nie volmaak nie. Ek bely nie opreg my sondes vir ander nie. My houding is dat dit om die leer gaan en in baie mindere mate om die lewe. As ek maar die ware leer ken, as ek maar die uitverkiesing van ewigheid in Christus leer is alles reg. Dan is die lewe nie meer so belangrik nie.

Is dit reg? Is iemand ‘n Christen, ‘n gelowige, ‘n uitverkore kind van God wat so leef. Mense wat so leef en sê dat hulle seker van hulle uitverkiesing is, kan dit die waarheid wees?

Ons kry hierop duidelike antwoorde in dit wat ons in artikel 12,13 bely.

Ek verkondig vanuit hierdie artikels Christus se evangelie onder die tema:

 

DIE HERE GEE SY KINDERS SEKERHEID DEUR DIE VRUGTE VAN DIE UITVERKIESING

 

  1. Wat die vrugte is
  2. Dit laat hulle vir die HERE lewe
  3. Dit ontmasker valse gerustheid.

 

  1. Wat die vrugte is

 

Die HERE werk in Sy kinders vrugte van Sy verkiesing. Nadat artikel 12 dit genoem het,  noem dit enkele van hierdie vrugte in die uitverkorenes se lewe konkreet. Let daarop dat dit nie alle vrugte is wat die HERE as gevolg van Sy uitverkiesing in die uitverkorenes werk nie. Die woord ensovoort aan die einde van artikel 12 wys dat daar baie meer is. Nogtans is dit goed om op die vrugte te let wat hier genoem word.

Die eerste vrug wat die Dordtse Leerreëls hier noem is die ware geloof in Christus. God se uitverkore kinders is nie onverskillige mense nie. Dit is nie hulle wat dink dat as hulle maar net lidmaat van die kerk is, as hulle nou so leef dat hulle net nie deur die kerklike tug getref word nie, is dit goed genoeg. Dit is nie hulle wat probeer om so te leef dat hulle nog net genoeg binne die wil van die HERE wil bly om soveel as dit wat moontlik van die sonde te geniet en tog nog deur Christus die verlossing sal kry.     

Mense wat so leef,  as jy weet dat dit die vir ander verborge moetief is wat jou lewe beheers, moet jy nou baie duidelik hoor dat jy jou moet bekeer. Dan sê die Here Jesus vir jou vandag: “Nie lekeen wat vir My sê:  Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matt 7:21-23)

Die ware geloof beteken dat jy en ek met ons harte aan die HERE verbind is. Dit beteken dat  ek juis in liefde vir Christus al hoe meer kennis van God se Woord wil kry, omdat ek die HERE dan nog beter ken en vertrouliker met Hom kan omgaan. Dit beteken dat ek Sy wil vanuit liefde al hoe beter wil ken om al hoe meer volgens Sy wil te leef. Dit is ook daarom dat ons in vr en ant 21 bely: “Wat is ‘n ware geloof?

‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in Sy Woord aan ons geopenbaar het, vir waar aanvaar nie maar ook ‘n vaste vertroue wat die Heilige Gees deur die evangelie in my hart werk”.

Let daarop dat die Gees in jou werk as jy met alle gebrek sien hoe jy die HERE begin liefhet. Hoe die plantjie van die liefde vir die Here Jesus in jou begin groei het.

Dan kom in jou lewe ook “die kinderlike vrees van God”. Beteken dit dat God se uitverkore kinders nou doodsbang vir God moet wees? Is hulle lewe juis vol angs en praat hulle net van God se verskriklike oordeel?

Nee, die HERE werk in Sy uitverkore kinders nie angs nie. Hy is nie ‘n wrede Vader nie. Hy is die Vader wat met liefde na Sy kind kom, wat Sy kind met liefde straf en tugtig as dit nodig is. Hy is die Vader wat vir jou wil laat voel dat jy Sy ware kind is. Hierby behoort wat ons in Hebr 12:5-8: “En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seunh wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.”

Die HERE werk so in Sy uitverkore kinders dat by hulle diepe eerbied vir Hom begin groei. Nie die angs van ‘n slaaf wat net bang vir sy baas is en daarom gehoorsaam is nie. Nee, die eerbiedige liefde van ‘n kind wat weet dat vader van hom hou en daarom  straf as dit nodig is om hom by die verkeerde weg te hou. Dan groei by die kind liefde vir vader, dan groei ‘n eerbiedige omgang met God wat die almagtige God is en wonder van genade ook jou liefdevolle Vader.

Die liefdesband wat die Heilige Gees in God se kinders werk, sorg ook daarvoor dat jy in jou lewe die droefheid oor die sonde  volgens God se wil sien. Die droefheid oor die sonde volgens God se wil is iets wat Paulus in 2 Kor 7:10 noem. Ons lees daar: “Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood”.

Watter droefheid, watter hartseer werk die Gees nou in die gelowige se lewe?  Wat is die droefheid volgens God se wil en wat is die droefheid van die wêreld? Laat ons eers na die laaste kyk. Wat gebeur as jy iets gedoen het wat nie reg was nie? Jy het met jou woorde of dade ander mense beskadig. Jy het gehoop dat ander daarop nie sou reageer nie of ander dit nie sou ontdek nie. Nou loop dit anders en jy word daarop aangespreek en dit het daardeur vir jou onaangename gevolge. Die droefheid van die wêreld is dan dat  dit vir jou seermaak. Dit is vir jou nie lekker nie maar jy bely nie vanuit jou hart vir die ander en vir God dat jy verkeerd was nie. Jy bely nie met hartseer vir God en mense dat jy gesondig het nie. Of jy doen dit omdat  dit onaangename gevolge verminder sonder in jou opreg te sê en te voel: “Ek het teen U HERE en die hemel en my naaste gesondig”.

Die ware droefheid volgens God se wil is dat jy dit jou hart voel en ook uitspreek dat jy heeltemal verkeerd teenoor die HERE en jou naaste gehandel en gepraat het. Jou hartseer is nie in die eerste plek oor die nadelige gevolge wat dit vir jou het nie maar oor wat jy die HERE en ander mense aangedoen het. Dan leer jy deur die werk van God se Gees in jou met Psalm 51:6 sê: “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.”

Ons as sondige mense wil onsself nie van harte verloën nie. Selfverloëning en die bely van jou sondes is nie in ons sondige bloed wat ons sondige hart deur ons liggaam pomp nie. As ons met alle stryd in ons hart dit tog doen dan sien jy God in jou lewe vrugte van jou uitverkiesing werk. Dan leer jy om daaroor baie bly te wees. Dan leer jy om jouself teenoor God en ook teenoor ander nie te wil handhaaf nie. Dan sien jy die bely van jou foute en sondes nie meer as 'n skande of as swakheid nie maar as ‘n heerlike werk van God in jou.

As jy so leef kom ook die volgende in jou lewe: “die honger en dors na die geregtigheid”. Die Here Jesus wys self hierop in die Bergrede: “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” (Matt 5:6) God se uitverkore kind leer deur die Heilige Gees om nie vrede met die sonde in sy lewe te hê nie. As hy sondig, voel dit vir hom nie lekker nie. Dit pla hom. My broer en suster dit is ‘n wonder as jy so voel. Dit is nie wat by ‘n sondige mens behoort nie. Sy plesier lê juis in die sonde. Die HERE werk so in Sy kind dat jy gaan soek na dit wat in Sy oë reg en waar is. Dit wil jy gaan doen. Jy span jou in jy, jy bid om die goeie te wil en te mag doen. Daar waar die stryd in jou lewe teen die sonde kom mag jy raaksien dat jou Vader met jou besig is. So wil Vader vir Sy kind rus en sekerheid gee.  Onsekerheid oor jou uitverkiesing en angs vir God  kan in jou as oorsaak hê dat jy slordig leef. As jy iemand is wat aan sekere sondes vashou en dit maar nie loslaat nie, as jy weier om vir God of  vir een van jou naastes sondes te bely kom onsekerheid, kom skraalheid in die geloof oor jou lewe. Dan kom daar in jou lewe ‘n vervreemding van die HERE. Dan begin jy wonder: wat sal gebeur as ek sterf? Sal ek dan by Christus in die hemel welkom wees? Dawid het hierdie onsekerheid, die knaende gevoel geken toe hy sy sondige verhouding met Batseba nie vir die HERE bely het nie: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed.” (Psalm 32:3,4) Sekerheid en geloofsvreugde en daardeur ware lewensblydskap keer net weer terug as jy werklik teen jou sonde stry en dit bely. As jy jou daarop rig en na Vader se Woord luister gebeur in jou lewe waartoe Petrus ons in sy tweede brief oproep: “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.” Dan keer in jou lewe die rus en sekerheid van jou verkiesing as ‘n heerlike vrug terug en sal dit nie verdwyn nie.             

Dan wil jy vir Christus leef wat vir jou verdien het dat die HERE so heerlik in jou werk. Ons let daarop in die tweede plek.

 

  1. Dit laat hulle vir die HERE leef.

 

Ons as gereformeerdes word dikwels daarvan beskuldig dat die gereformeerde leer van die uitverkiesing daarvoor sorg dat mense slordig en onverskillig bly leef. Die leer van die uitverkiesing sou daarvoor sorg dat mense sê: As ek uitverkies is kom alles goed en dan maak dit nie saak hoe ek nou leef nie.

Mense wat so dink en voel  sê dalk dat hulle gereformeerd is maar ons moet nou sê dat hulle dit nie is nie. Wie so leef is nie ‘n Christen, is nie ‘n gelowige nie. God se toorn lê oor die lewe van die man of vrou wat so leef. Wie seker van sy uitverkiesing is, leef juis heeltemal anders. Hy sien Christus in sy lewe werk en dit maak hom so bly en dankbaar dat hy juis nog nader aan Christus wil kom. Sy lewe het geword om God te behaag en daarin al hoe meer te groei.

Die wonder van God se liefde wat God se uitverkore kind in sy lewe sien bring hom daartoe om nie hoog van homself te dink nie. Hy weet hom klein vir God. Hy weet hom van God se genade en sorg volledig afhanklik. Daarom is hy nie hoogmoedig nie maar ootmoedig. Ek wil nie meer my eie baas wees nie. Ek wil my dan deur God se wil laat lei. Dan vertrou jy nie meer op jou eie gevoel en verstand en onderskeidingsvermoë nie. Jy leer om saam met Dawid in Psalm 25 bid: “HERE, maak my U weë bekend; leer my U paaie. Lei my in U waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.” (4,5)

God se uitverkore kind wil juis vanweë die wonder van sy uitverkiesing die HERE aanbid. Hy wil dit vanweë die “diepte van God se barmhartigheid”.  Jy besef dan dat dit regtig ‘n wonder is dat God jou uitgekies het. My broer en suster, jongmense kyk ‘n rukkie na jouself. Watter gedagtes en gevoelens is daar dikwels in jou lewe. Watter verkeerde dinge het jy teen die HERE en mense gedoen. Hoe het jy en ek gesondig. Wat doen die HERE? Hy stuur Sy eie Seun om in jou plek helse pyn en straf te verdra! Om vir jou en my skuld en sonde te betaal. Selfs vir my. Dat ek God se kind mag wees is onvoorstelbaar. Dat ek U kind mag wees bring my tot verwondering, verering van die HERE.

God se liefde vir jou wys dan vir jou so duidelik jou sondes. God se kind kan dit dan nie meer by die sondes uithou en wil dan homself reinig. Hy soek sy reiniging in Christus se bloed. Hy bid om die krag van die Gees wat Christus verdien het om in die stryd teen die sonde al hoe meer te oorwin. Sonde het vir hom verskriklik geword. Die diepe liefde vir Christus wat in God se kind mag groei lei dan ook daartoe dat hy in sy hele lewe Christus wil wys. Christus het jou lewe geword. Dan leer jy om met Paulus te bely: “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my.” (Gal 2:20) Dit is die heerlike geheim van die uitverkiesing dat Christus in my leef en werk.

Dan het dit onmoontlik geword dat jy onverskillig vir die HERE en Sy wil leef.  So ontmasker die Heilige Gees valse gerustheid. Ons let daarop in die derde plek.

 

  1. Dit ontmasker valse gerustheid

 

Die duiwel sit nie stil nie. Hy is so gemeen. Hoe heerlik is dit vir hom as hy deur ‘n valse leer mense vir hom kan wen. Hy maak mense wys dat  jy mag glo dat jy uitverkies is omdat jy gedoop is, omdat jy lidmaat van die ware kerk is. Die doop en dat jy trou na die kerk kom is die waarborg van jou uitverkiesing  sonder om in liefde vir die Here te leef en nog altyd daarin te wil groei.

‘n Mens kan dit verbondsoutomatisme of verkiesingsoutomatisme of wat dan ookal noem. Hoe jy dit ookal noem dit is niks anders as ‘n duiwelse dwaal. Dit lei daartoe dat mense dink dat Christus hulle gered het maar op die dag van hulle sterwe moet hulle tot hulle ewige skrik ontdek dat God se regverdige oordeel nog altyd oor hulle lê. Die ewige verdoemenis is dan jou deel.

Jou doop en jou kom na die verkondiging van die evangelie is van groot waarde. Hierdie waarde verdwyn as dit vir jou niks anders as formaliteite is. As dit vir jou nie staan in die geheel van ‘n lewe in liefde vir Christus nie. As die doop net ‘n waarborg uit die verlede is en jou gaan na die kerk net ‘n plig is wat jou nou eenmaal op Sondag moet vervul maar die res van die week is Christus vir jou nie die belangrikste om te volg en lief te hê nie. As dit so in jou lewe is en jy verander jou lewe nie verswaar jou doop en jou hoor van die evangelie net jou oordeel. Dan is daar by jou ‘n valse gerustheid. Van hierdie valse gerustes sê die HERE in Jes 32:11: “Bewe geruste! Sidder sorgelose! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.”

Rus nie op jou doop en jou lidmaat wees van die kerk maar hou jou werklik vas aan die HERE se beloftes wat in jou doop en in die verkondiging van die evangelie na jou toegekom het. Dan leef jy vir Christus. Dan leef jy nie vir jouself nie. Dan bekeer jy jou elke dag weer en dan haat jy die sondes in jou lewe. Vind jou rus in jou lewe met God. Dan maak jy jou roeping en verkiesing vas. Dan is jou rus en sekerheid nie valse rus en sekerheid nie. Dan begroet Vader in die hemel jou op die dag van jou sterwe met die woorde: My liewe kind! Dit is Sy uitverkiesing. Wat ‘n genade en liefde!

 

AMEN

 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/zegengroet

Psalm  51:1,6

Geloofsbelijdenis

Psalm  145:4,5

Schriftlezing: Mattheus 7:13-29

Gebed

Collecte

Psalm 1

Tekst: Dordtse Leerregels I,12,13

Verkondiging van het evangelie

Lied 440

Dankgebed

Psalm 17:1,2

Zegen

 

 

Broeders en zusters, geliefden in de Here Jezus Christus

 

De HERE zorgt als een Vader vol van liefde voor Zijn kinderen. In geweldige liefde heeft Hij Zijn belofte gegeven dat Hij onze zonden wil vergeven. Hij heeft Zijn eigen Zoon tot aan het kruis gegeven. Daaraan mogen wij ons vastklemmen. Als je dat doet, zie je dat de Heilige Geest vruchten van de uitverkiezing in jouw leven laat bloeien. Ook zo geeft de HERE jou dan echt reden om in zekerheid van geloof, in de zekerheid van je uitverkiezing te groeien.

Maar hoe is het met je als je met je mond  over Christus praat. Als je naar de kerk gaat maar je hebt met meerdere mensen ruzie. Ik praat negatief over anderen. Zelfs zo dat na een tijd duidelijk wordt dat ik niet de echte feiten naar voren gebracht heb. Ik spreek veel over wat geloven is en hoe je dat moet voelen maar in mijn dagelijkse leven zijn er allerlei dingen die tegen Gods wil ingaan en daaraan doe ik verder ook niets. Ik zeg alleen dat Jezus van mij houdt maar een echt eerbiedig leven voor Christus daaraan werk ik eigenlijk niet. Als iemand jou daarop aanspreekt is je antwoord: God neemt me zo als ik ben, Zijn liefde is gelukkig heel groot. Of je zegt: Ja, maar ik ben een zondig mens. Ik ben nou eenmaal niet volmaakt. Misschien zegt of denkt iemand zelfs: Je bent nu eenmaal uitverkoren of niet. Dus eigenlijk gaat het er alleen om dat ik de goede leer aanhang en hoe ik leef doet er eigenlijk niet toe.

Kan dit goed zijn. Goed in de ogen van onze liefdevolle Vader? Is iemand wat zo leeft een uitverkoren kind van God? Kun je als je zo leeft zeker zijn van je uitverkiezing? We krijgen op deze vragen antwoord als we erop letten wat we in art 12,13 belijden. Ik verkondig jullie het evangelie van Christus onder het thema:     

 

DE HERE GEEFT ZIJN KINDEREN ZEKERHEID DOOR DE VRUCHTEN VAN DE UITVERKIEZING

 

  1. Wat die vruchten zijn
  2. Het laat hen voor de HERE leven
  3. Het ontmaskert valse rust

 

  1. Wat die vruchten zijn

 

De HERE geeft in Zijn kinderen de vruchten van Zijn verkiezing. Nadat dit in artikel 12 genoemd is, worden een paar van die vruchten concreet genoemd. Het zijn niet alle vruchten die de HERE als gevolg van Zijn verkiezing in de uitverkorenen werkt. De woorden “zoals bijvoorbeeld” maken dat duidelijk. Toch is het heel goed om juist ook op die vruchten te letten die hier genoemd worden.

De eerste vrucht die hier in de Dordtse Leerregels genoemd wordt is “het ware geloof in Christus”. Gods uitverkoren kinderen zijn geen onverschillige mensen. Het zijn niet de mensen die denken als ik maar lid van de kerk ben en ik niet onder tucht kom te staan, komt alles wel goed.  Het zijn niet de mensen die steeds in hun leven proberen om net op het randje te lopen als het om het leven met de HERE gaat. Waarom zou je zo vol overtuiging voor Christus leven? Mensen hoeven niet te weten en te zien dat ik een christen ben! Dat is iets voor mijn privéleven. Het zijn niet de mensen die eigenlijk zoveel mogelijk van de zonde willen genieten en dan zeggen: ik geloof wel maar zal later daarin wel wat meer serieus worden.

Als je zo leeft. Als je zo in je hart denkt, is het nodig dat je je leven verandert. Dat jij jou bekeert. Dan zegt de Here Jezus tegen jou vandaag heel persoonlijk: “Niet iedereen die “Heer, Heer” tegen mij zegt, zal het koninkrijk van de hemel binnengaan, alleen wie handelt naar de wil van mijn hemelse Vader. Op die dag zullen velen tegen mij zeggen: “Heer, Heer, hebben wij niet in uw naam geprofeteerd, hebben wij niet in uw naam demonen uitgedreven, en hebben wij niet vele wonderen verricht in uw naam? En dan zal ik hun rechtuit zeggen:  “Ik heb jullie nooit gekend. Weg met jullie, wetsverkrachters!”. Vs 21-23

Het echte, ware geloof betekent dat jij en ik met ons hart aan de HERE verbonden zijn. Het betekent dat ik juist vanuit die liefde voor Christus al meer kennis van Gods Woord wil krijgen. Omdat ik de HERE als mijn God nog beter wil kennen om nog vertrouwelijker met Hem om te kunnen gaan. Het betekent dat ik Gods wil vanuit liefde al beter wil kennen om al meer volgens de wil van mijn hemelse Vader te leven. Dat is ook de reden waarom we in vraag en antwoord 21 van de Catechismus belijden:  “Wat is een waar geloof?

Waar geloof is een stellig weten waardoor ik alles voor betrouwbaar houd, wat God ons in Zijn Woord geopenbaard heeft. Tegelijk ook een vast vertrouwen dat de Heilige Geest door het evangelie in mijn hart werkt”.

Let erop dat de Geest in je werkt als je bij alle gebrek die er nog in je leven is de HERE begint lief te krijgen. Als het plantje van liefde voor Christus in jou begint te groeien. Dan komt in jouw leven ook “kinderlijk ontzag voor God”.  Betekent dat nu dat je als kind van God doodsbang voor God moet zijn? Is in het leven van de gelovigen er veel angst en spreken ze eigenlijk alleen over het verschrikkelijke oordeel van God?

Nee, de HERE werkt in Zijn kinderen geen angst! Hij is niet de wrede Vader. Hij is de Vader die met onverdiende liefde naar Zijn kind komt. Die juist met en uit grote liefde Zijn kinderen straft en berispt. Hij is de Vader die juist daarin laat voelen dat jij Hem aan het hart gaat. Hierbij hoort wat we lezen in Hebreeen 12:5-8: “Kennelijk bent u de bemoediging vergeten die tot u als  tot kinderen wordt gericht: Mijn zoon, je mag een vermaning van de Heer nooit terzijde schuiven en nooit opgeven als je door Hem terechtgewezen wordt, want de Heer berispt wie Hij liefheeft, straft elke zoon van wie Hij houdt. Houd vol, het betreft hier immers een leerschool, God behandelt u als Zijn kinderen. Welk kind wordt niet door zijn vader berispt? Maar als u die leerschool niet doorloopt zoals alle anderen voor u, dan bent u geen kinderen, maar bastaards.”  

De HERE werkt zo in Zijn uitverkoren kinderen dat er bij hen diepe eerbied voor Hem gaat komen. Niet de angst van een slaaf voor zijn baas. Niet uit angst gehoorzaam zijn. Nee, eerbiedige liefde van een kind dat weet dat vader van hem houdt en daarom de straf geeft die nodig is om je bij een verkeerd leven weg te houden. Dan groeit bij het kind liefde voor vader, dan groeit er een eerbiedige, liefdevolle omgang met God die de almachtige God is. Dan zie je hoe groot het wonder is dat jij kind van die Vader mag zijn. Dat Hij zich in liefde met jou bemoeit.

De liefdesband die de Heilige Geest in de kinderen van God werkt, zorgt ervoor dat jij in jouw leven “de droefheid naar Gods wil” in je leven kent. Dat is waar Paulus op wijst in 1 Kor 7:10: “Verdriet dat God geeft leidt tot inkeer die men nooit berouwt en tot redding; verdriet dat de wereld geeft leidt alleen maar tot de dood.”

Wat is nu het verdriet dat de Heilige Geest in het leven van de gelovigen geeft? Wat is die droefheid naar Gods wil? Wat is dat verdriet dat de wereld geeft? Laten we eerst naar het laatste kijken. Wat gebeurt er als je iets verkeerds gedaan heb? Je hebt met wat je gezegd of gedaan hebt andere mensen beschadigd. Je had gehoopt dat anderen er niet op zouden reageren of dat anderen het niet ontdekt hadden. Het is anders gegaan en je wordt er op aangesproken. Het heeft voor jou daarom nadelige gevolgen. Het verdriet, de spijt van de wereld is dat jij baalt van de nadelige gevolgen die het voor jou heeft. Daarom, om er dan nog zo goed mogelijk uit te komen zeg je dat je er op een manier spijt van hebt, dat je het niet zo bedoeld hebt. Vanuit je hart is er geen echt verdriet tegenover God of tegenover mensen. Je baalt omdat je het verkeerd aangepakt hebt. Je doet dat zonder in je hart te voelen en te weten: “Ik heb tegen de HERE en de hemel en mijn naaste gezondigd.”

Het echte verdriet volgens de wil van God is dat je in je hart voelt en het ook uitspreekt dat je tegenover God en je naaste helemaal verkeerd gedaan en gesproken hebt. Je verdriet, je spijt wordt dan niet bepaald door de nadelige gevolgen die er voor jou zijn. Je leert dan juist door het werk van de Heilige Geest in je met Psalm 51:6 zeggen: “tegen U, tegen U alleen heb ik gezondigd, ik heb gedaan wat slecht is in Uw ogen. Laat Uw uitspraak rechtvaardig zijn en Uw oordeel zuiver.”

Als zondige mensen willen we onszelf zo eigenlijk niet verloochenen. Zelfverloochening en het belijden van je zonden zit niet in ons bloed.  Wij houden er niet van. Zelf in de kerk wordt al gauw gezegd:laten we eens ophouden met dat zware gedoe. Het gaat toch om de liefde van God. Als we zo praten en denken leven we juist niet vanuit die heerlijke liefde van God. Want als we met alle strijd in ons hart toch onszelf verloochenen en onze zonden met verdriet belijden zie je hoe God met Zijn liefde in jou de werken van de uitverkiezing geeft. Dan leer je daarover juist echt blij en dankbaar te zijn. Dan leer je om jezelf tegenover God en anderen niet te willen handhaven. Dan zie je het belijden van eigen zonden en fouten niet meer als een schande of als zwakheid. Dan zie je daarin dat de HERE het wonder van Zijn liefde in je werkt.     

Als je zo dichtbij Christus leeft als je lieve Heiland komt ook het volgende in je leven: “Gelukkig wie hongeren en dorsten naar gerechtigheid, want zij zullen verzadigd worden.” Gods uitverkoren kind leert in zijn of haar leven geen vrede met de zonde te hebben. Als je zondigt, als je dingen doet tegen Gods wil in voelt dat niet goed. Dan heb je er last van. Broeders en zusters, jongens en meisjes het is een wonder van Gods liefde als je dat voelt. Als je zo denkt. Dat hoort niet bij een zondig mens die zijn eigen leven wil leiden. De HERE werkt zo in de gelovigen dat die willen leven zoals het in Gods ogen goed is. Volgens de wil van Christus zoals we dat in de Bijbel lezen. Je spant je dan in, je bidt dan om juist die wil van God in je leven te willen doen. Waar je de strijd tegen de zonde in je leven ziet, zie je het werk van de Heilige Geest in je. Zo wil Vader in de hemel jou zekerheid en rust geven. Zo komen we ook bij een heel praktisch punt in ons geloofsleven. Onzekerheid en angst voor God kan namelijk in je leven als oorzaak een slordig leven hebben. Wanneer jij iemand bent die aan een bepaalde zonde of zonden in je leven vasthoudt. Als je die niet wilt loslaten en weigert om je zonden tegenover God en mensen echt te belijden. Dan komt de onzekerheid,  de schraalheid in je geloof. Dan komt er in je leven vervreemding van God en afstand van allerlei dingen die er in Gods Woord staan. Dan kan de twijfel komen: wat zal er gebeuren als ik sterf? Zal ik dan welkom zijn bij Christus in de hemel? David kende deze onzekerheid, dit kangende gevoel toen hij zijn overspel met Batseba niet voor de HERE wilde belijden. Dan horen we David zeggen: “ Zolang ik zweeg, teerden mijn botten weg, kreunend leed ik, de hele dag. Zwaar drukte uw hand op mij, dag en nacht, mijn kracht smolt weg als in zomerhitte.” Ps 32:3,4

Zekerheid en geloofsblijdschap en daardoor ook blij zijn in je leven van elke dag komt alleen terug als je tegen de zonden in je leven vecht en die belijdt. Als je je zo op Christus richt en op het Woord van God komt in jouw leven waartoe Petrus ons oproept in zijn tweede brief: “Span u daarom des te meer in om uw roeping en uitverkiezing waar te maken, (vast te maken NGB)  broeders en zusters. Als u dit alles doet, komt u nooit ten val en zal u onbelemmerd toegang worden verleend tot het eeuwige koninkrijk van onze Heer en Redder Jezus Christus.  1:10,11 Dan komt in je leven de rust en de zekerheid van je uitverkiezing in je leven en kun je daarop in je leven steeds weer bouwen. Dan wil je in dienst van Christus leven dit voor jou verdiend heeft dat de HERE zo heerlijk in je werkt. We letten daarop in het tweede punt. 

 

  1. Het laat hen voor de HERE leven

 

We krijgen als gereformeerden vaak de beschuldiging te horen dat de leer van de uitverkiezing er voor zorgt dat mensen slordig en onverschillig blijven leven. De leer van de uitverkiezing zou er voor zorgen dat mensen zeggen:  Als ik uitgekozen ben, kom alles van zelf goed en maakt het niet uit hoe ik nu leef.

Er zijn mensen die op deze manier leven en denken en zeggen dat ze gereformeerd zijn. Je moet dan zeggen dat deze mensen niet gereformeerd zijn en als ongelovigen leven. Dan leef je niet als christen. Dan ligt Gods toorn, Zijn boosheid, Zijn oordeel over je leven. Wie echt zeker van zijn uitverkiezing is, leeft juist heel anders. Dan zie je Christus in je leven werken. Dat maakt je zo blij en dankbaar dat je juist daarom nog  dichter bij Christus wil komen. Je leven is dan een leven geworden waarin je leeft om God met je leven een plezier te doen. Om Hem door de manier waarop je leeft te eren. Daarin wil je dan juist groeien.

Het wonder van de liefde van God in je leven zorgt er dan voor dat je niet veel van jezelf denkt. Je weet je juist klein voor God. Je weet je dan in alles afhanelijke van God en Zijn genade. Je wilt dan niet meer je eigen baas zijn. Ik wil me dan door Gods wil laten leiden. Dan vertrouw je niet meer op je eigen gevoel en verstand. Niet meer op je eigen onderscheidingsvermogen. Je leert dan samen met David in Psalm 25 bidden: “Maak mij, HEER, met Uw wegen vertrouwd, leer mij Uw paden te gaan. Wijs mij de weg van uw waarheid en onderricht mij, want u bent de God die mij redt, op U blijf ik hopen, elke dag weer.” Vs 4,5  

Gods uitverkoren kind wil juist vanwege dat grote wonder van Gods liefde in zijn leven de HERE aanbidden. Hij wil dit om “De diepte van Gods barmhartigheid”. Je beseft dat het een geweldig, onvoorstelbaar wonder is dat de HERE jou uitgekozen heeft. Kijk dan even naar jezelf. Wat voor verkeerde gedachten en gevoelens waren er niet vaak in jouw leven! In mijn leven! Hoe hebben jij en ik niet gezondigd! Wat doet de HERE? Hij stuurt Zijn eigen Zoon om in jouw en mijn plek de pijn en straf van de hel die wij verdiend hebben te dragen. Voor ons! Om zo voor onze schuld tot de laatste cent te betalen. Dat ik Gods kind mag zijn is onvoorstelbaar. Dat ik Uw kind mag zijn, brengt mij tot verwondering, tot verering van de HERE.

Gods liefde laat dan zo duidelijk aan jou en mij onze zonden zien. Je kunt het als kind van God dat baadt in Gods liefde het niet meer uithouden bij de zonden. Bij een leven waarin Christus er een beetje bij hangt. Dan wil je jezelf laten schoonwassen. Je zoekt om schoon gewassen te worden door het bloed van Christus. Je vraagt in je bidden dat de Geest zo in je wil wonen dat echt tegen de zonden in je leven vecht en kracht wil krijgen om echt volgens Gods wil en bedoeling wilt leven. Zonde is voor jou dan iets verschrikkelijks geworden. De diepe liefde voor Christus leidt er dan toe dat je met je hele leven voor Christus wilt leven. Dan belijd  je met Paulus: “Met Christus ben ik gekruisigd: ikzelf leef niet meer, maar Christus leeft in mij.” Gal 2;20. het heerlijke geheim van de uitverkiezing is dat Christus in mij leeft en werkt!

Het is voor mij onmogelijk geworden om nog onverschillig leven. Zo ontmaskert de Heilige geest valse rust, valse gerustheid. We letten daarop in de derde plaats.              

 

  1. Het ontmaskert valse rust

 

De duivel zit niet stil. Hij is zo actief en gemeen. Het is heerlijk voor hem als hij door een verkeerde leer mensen op een dwaalspoor kan brengen. Hij maakt mensen wijs dat je uitverkoren bent omdat je gedoopt bent. Omdat je lid van een goede kerk bent. De doop en dat je elke week naar de kerk komt is dan je garantie dat je een echte gelovige bent. Die garantie zou er dan zijn zonder dat je in liefde voor de HERE leeft en in dat leven volgens Gods wil wilt groeien.

Dat is dan verbondautomatisme. Gedoopt dus zalig, naar de kerk dus alles voor elkaar. Wat voor naam je aan deze redenering geeft maakt niet zoveel uit. Hoe je het ook noemt het is niets anders dan een duivels verhaal. Het zorgt er namelijk voor dat mensen denken dat Christus je gered heeft zonder een echt leven met Hem. Dan kom je bij het sterven bedrogen uit. Met een ingebeelde hemel in de hel.   

Jouw doop en je komen heel trouw naar de kerkdiensten is van geweldig grote waarde. Maar die waarde verdwijnt als het voor jou niet meer dan formaliteiten zijn. Niet meer dan gewoonten waar het leven uit is. Als het voor jou geen deel is van je hele liefde in liefde voor de HERE. Als de doop alleen maar een garantie uit het verleden is. Als je alleen naar de kerk gaat omdat dat nu eenmaal van je verwacht wordt terwijl de rest van de week Christus voor jou niet de Heer van je leven is. Als het zo in jouw leven is en jij verandert je leven niet maakt je doop en het horen van het evangelie jouw oordeel maar groter en zwaarder. Dan is er bij je valse gerustheid. Van die valse gerustheid lezen we in Jes 32:11: “Beef, jullie zorgelozen, sidder, jullie die vol vertrouwen zijn. Kleed je uit tot op het naakte lijf  en trek een rouwkleed aan.” 

Bouw je leven niet op het punt dat je nu eenmaal gedoopt bent en naar de kerk gaat. Nee, leef echt vanuit wat de HERE je bij de doop beloofd heeft en wat je in de kerkdiensten vanuit het Woord van God hoort. Dan leef je voor Christus. Dan leef je niet voor jezelf. Dan bekeer je je elke dag weer en haat je de zonden in je leven. Vind je rust in je leven met God. Dan ben je bezig om je roeping en verkiezing vast te maken. Dan is je rust en zekerheid geen valse rust en zekerheid. Dan kom je nooit bedrogen uit. Dan begroet Vader in de hemel jou vast en zeker op de dag dat jij sterft. Dan groet Hij jou met de woorden: Mijn lieve kind! 

Wat een liefde en een genade van God!

 

AMEN