Preek Dordtse Leerreëls I,17 - Dordtse Leerregels I,17

Preek Dordtse Leerreëls I,17 - Dordtse Leerregels I,17

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 147:5

Geloofsbelydenis

Psalm 8:1,2,4,5,7

Skriflesing:  Genesis 17: 1-8

                   1 Korintiërs 7: 10-15

 

Gebed

Kollekte

S.B. 15:1,2,3,7

TEKS: DORDTSE LEERREËLS I,17

Preek

Psalm 105:4,5,6

Dankgebed

Psalm 103:7,9,11

Seën

 

 

Broers en susters, gemeente van ons Here Jesus Christus

 

Die tyd waarin die Dordtse leerreëls geskryf is, was op baie punte ‘n ander tyd as ons s’n. As onder ons iemand verwagtend is, is ons verwagting dat die kind gebore word en bly leef. Hoe anders was dit toe. Baie ma’s het juis in die tyd dat die kind gebore moes gesterf. As ‘n mens na die kinders kyk wat die sterftesyfer nog hoër. Toe het amper die helfte van die kinders wat gebore is in hulle eerste lewensjaar gesterf.

Dit maak duidelik hoe aktueel in daardie tyd die inhoud van artikel 17 was. Die meeste ouers het dit toe meegemaak dat een van hulle kinders baie vroeg gesterf het. Dit gebeur ook by ons maar dit is uitsonderinge.

Die Remonstrante het juis op hierdie punt die Gereformeerdes aangeval. Hier het hulle ‘n wapen gehad wat groot trefkrag gehad het juis omdat hierby sulke sterke gevoelens van hartseer en liefde betrokke was.

Die besluit noem ook die sterke beskuldiging wat die Remonstrante op hierdie punt teen die Gereformeerdes inbring: “dat baie onskuldige kinders van gelowiges van die moederbors weggeruk en op wreedaardige wyse in die hel gegooi word sonder dat die bloed van Christus of hulle doop of die gebede van die kerk by hulle doop vir hulle tot voordeel kan wees.”

Hierop reageer ons dan in die Dordtse Leerreëls met: “En watter baie ander soortgelyke bewerings is daar nie wat die Gereformeerde Kerke nie alleen nie aanvaar nie maar ook van ganser harte verfoei!”          

Hoe belangrik is dit om raak te sien wat ons op hierdie punt wel bely. Om dit te sien verkondig ek vir julle God se Woord onder hierdie tema:

 

DIE KINDERS VAN DIE GELOWIGES IS HEILIG

 

  1. kragtens die genadeverbond
  2. daarom weet ons dat die kinders van die gelowiges wat jonk sterf uitverkorenes is.

 

  1. kragtens die genadeverbond

 

Wat moet ‘n mens nou sê van kinders wat baie jonk sterwe? Wat kan jy van hulle ewige bestemming sê. Die remonstrante was daarmee gou klaar. Dit was vir hulle baie duidelik want so’n klein kind was tog onskuldig. As jy by ‘n wiegie staan dan kan jy tog net verteder wees ook daar die afhanklike en hulpelose mensie wat daar lê? Die leer van die Remonstrante was dan ook dat elke kind wat baie jonk sterf  na die hemel gaan. Dit maak geen verskil of dit nou ‘n kind van gelowige ouers is of nie is nie. Hierdie gedagte is vir ons as mense baie aantreklik. Die Remonstrante meen dat dit so is omdat hierdie klein kinders nog onskuldig is.

Die antwoord wat die Dordtse Leereëls gee is nou nie dat oor die geloof van die klein kinders of die waarde van die geloof van die ouers gespekuleer word nie. Ons belydenis soek nie sy krag in een of ander teologiese redenering nie.

Die enigste waar die Dordtse Leerreëls nou hulle krag soek is in die Woord van HERE. Hulle sê dat ons alleen daarin ons krag, ons bewyskrag en ook die grond vir ons gedagtes moet soek. Ons mag ons gedagtes en ons leer nie deur ons gevoelens laat bepaal nie maar vra wat sê die HERE in Sy Woord vir ons.

Dan sien ons al dadelik dat dit onmoontlik is om met die Remonstrante en baie ander in ons tyd te sê dat elke kind wat jonk sterf na die hemel gaan omdat hy of sy nog onskuldig is. Hier sien ‘n mens ook dat die Remonstrante en ander dit net kan leer as hulle die leer van die erfsonde loën. As hulle loën dat elke mens met skuld en die lus om te sondig gebore word. Niemand van ons het sonder skuld in die wêreld gekom hoe onskuldig ons ookal lyl as ons gebore word. As ‘n mens gebore word lê God se toorn oor ons lewe of ons dit nou wil erken of nie wil erken nie. Ons hoor dit ook elke keer as ‘n kind in die kerk gedoop word. Dan is een van die vrae vir die ouers wat hulle kind laat doop: “Bely jy dat ons kinders, hoewel hulle in sondes ontvang en gebore is en daarom aan allerhande ellende, ja, selfs aan die ewige oordeel onderworpe is, nogtans in Christus geheilig is en daarom as lidmate van sy gemeente behoort gedoop te wees?”

Hoe goed die leer van die Remonstrante ookal klink nogtans is dit in stryd met die leer van die Skrif. Dit is in stryd met wat ons in Psalm 51:7 lees: “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.”

Nou sê die Dordtse Leereëls dat daar ‘n verskil tussen die kinders van die gelowiges en die ongelowiges is. Die kinders van die gelowiges is ondanks hulle skuld waarmee hulle gebore word  heilig.

Hoekom is hulle nou heilig? Beteken dit dat elke kind van gelowiges ouers eintlik al as ‘n gelowige gebore word? Is elke kind van gelowige ouers dus ‘n mens wat van en vir ewig uitverkies is?

Dit is nie so nie. As ons dit sou sê gaan ons ook duidelik teen wat die HERE self sê in. Ons sien in die HERE se Woord hoe mense wat in die verbond opgeneem is, wat die teken van die verbond ontvang het  later in hulle lewe hul rug op die HERE keer en nie met berou na Hom terugkeer nie. Dink maar aan die baie ongehoorsames onder die volk Israel. Paulus skryf daaroor in 1 Kor 10. Hy vertel dan hoe die hele volk  in die uittog uit Egipte deur God se hand van verlossing gedeel het. Hy sê selfs van hulle dat hulle almal uit die geestelike rots Christus gedrink het. Daarna skryf hy in vers 5,6: “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.”

Nadat Paulus nog meer voorbeelde van God se oordeel tydens die woestynreis gegee het, skryf hy in vers 11: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” Die HERE wys met die teken van die verbond dat die kind wat die teken ontvang heilig is maar dit beteken nie dat daardie mens nie deur ongehoorsaamheid aan die HERE vir ewig verlore kan gaan nie. Dit is ook daarom dat die Gees in Rom 9:6 sê: “want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.”    

Ons kinders is van hulleself nie beter en heiliger as ander kinders nie.  Die verskil vir ons kinders lê ook nie daarin dat ons geloof as ouers hulle beter maak nie. Die verskil is dat ons kinders deur God se genade in die HERE se beloftes mag deel. Hulle mag deur Sy heerlike liefde deel van Sy verbond wees en daarom is hulle heilig.  

Wat beteken die heilig wees van hulle wat in die verbond gebore word? Een van die gedeeltes wat belangrik is om dit te verstaan is 1 Korinte 7. Dit gaan hier om die situasie waarin vir mense wat God en Christus nie ken die evangelie verkondig word. Die saad van die evangelie word gesaai en van mense wat al getroud is kom nou een van hulle tot geloof. Paulus wys die broers en susters dan daarop dat hulle nie van hulle ongelowige man of vrou moet skei nie. Hy wys daarop dat hy daarvoor nie ‘n letterlike uitspraak van die Here Jesus kan noem nie maar dat hy dit deur die leiding van die Heilige Gees vir hulle sê.

‘n Belangrike vraag in hierdie huwelik is by wie die kinders behoort wat in so’n huwelik gebore word. Mag die gelowige vrou of man die kinders  laat doop en en as deel van God se verbond reken terwyl die ander 'n‘ongelowige is?

Paulus skryf dat die gelowige die ongelowige nie moet verstoot nie “want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig."

Dit is nou belangrik om raak te sien dat Paulus twee verskillende woorde gebruik om aan die eenkant die posisie van die ongelowige man of vrou en aan die ander kant die posisie van die kind aan te dui. Ons lees dat die ongelowige in hierdie situasie deur die ander geheilig is en dat daarom die kind heilig  is. Die ongelowige man of vrou word nie heilig deur die geloof van die ander nie. Die woord geheilig beteken hier dat hierdie ongelowige nie ‘n verhindering vir die kinders is om by Christus te behoort nie. Die ongelowige man of vrou kan nie daarvoor sorg dat die HERE sê hierdie kinders kan daarom geen deel van My verbond wees nie. Die HERE kyk na die gelowige en daarom is die ongelowige geheilig, sy of haar sondes en ongeloof kan die kind nie so vuil maak dat die kind daarom nie in God se beloftes kan deel nie. Die HERE neem hierdie belemmering terwille van die gelowige weg en sit hierdie kinders van die kinders van ongelowiges apart. Hulle behoort by Sy heilige volk, by die volk wat Hy in hierdie wêreld vir Hom apart gesit het. Hulle behoort by die volk waarvan die HERE in Genesis 17 by die instelling van die verbondsteken gesê het: “En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag na jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag na jou.” (vs 7) Hierdie kinders is deel van God se verbondsvolk. Dit nie uit hulleself nie maar omdat die HERE hulle in die verbond opgeneem het. En die HERE beloof vir elkeen wat by Sy verbondvolk behoort dat Hy jou Vader wil wees en deur Christus vir jou vir ewig al jou sondes wil vergewe. Die heilig wees van ons kinders beteken dat hulle deur God apart gesit is en dat Hy hulle in liefde in Sy arms geneem het. Dit is die rede hoekom ons sekerlik mag weet dat ons kinders as hulle jonk sterwe God se uitverkorenes is. Ons let daarop in die tweede plek.

 

  1. Daarom weet ons dat die kinders van die gelowiges wat jonk sterwe uitverkorenes is.

 

 

Jou babatjie sterf. Jy is God se kind en jy leef met die HERE. Die hartseer is groot. Jy vra vir jouself hoekom jy hierdie mensie wat jy nege maande by jou mog dra en met liefde omring het, moet mis. Hierby kom nou ook nog die onrus: waar is my kind nou. Sou hy of sy regtig by Christus in die hemel wees? Hoe weet ek dat hy ‘n uitverkorene was? Jy het nog niks van sy geloof kon gesien het nie. Is dit nou nodig om nog te twyfel?  Bly daar nie altyd ‘n mate van onsekerheid nie?

Let nou daarop hoe sterk ons belydenis hier bely. Hier staan nie: Dit is vir gelowige ouers nie nodig om daaraan te twyfel nie. Nee, vanuit wat ons in die Bybel lees gee die Dordtse Leerreëls hier ‘n opdrag: “Gelowige ouers moet  daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie.”

God se belofte, Sy opneem van daardie kind  wat jonk sterf, is die bewys dat daardie kind een van die mense wat God van ewigheid liefgehad en uitverkies het. Hy het deur Sy werk hierdie kind in Christus se werk van ewige redding laat deel. Dit gebeur nie sonder uitverkiesing en wedergeboorte nie. Die HERE het sonder dat ons dit kon sien die wedergeboorte in hulle gewerk omdat Hy ook hulle uitverkies het. Dit is regtig nie so dat God se beloftes, die doop en die gebede wat by die doop gebid is niks vir die kind wat jonk sterf niks beteken nie. Die so jonk sterf van daardie verbondskind is nou juis ‘n bewys daarvan dat hy of sy een van God se uitverkore kinders was. Ons mag juis ook dan troos vind in die volgende woorde wat ons na die doop bid: “Ons dank U dat ons deur U Heilige Gees tot lidmate van U Eniggebore Seun en daardeur tot U kinders aangeneem is en dit aan ons met die heilige doop beseël en bekragtig.”

Let ook daarop dat hierdie artikel van ons belydenis nie sê dat sekeres onder die kinders van die gelowiges wat vroeg sterf uitverkies is en die saligheid ontvang nie. Nee, hier word die gelowige ouers baie persoonlik aangespreek op die kinders wat so vroeg gesterf het. “Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders  wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie.”

Ons sien hier God Sy heerlike trou in Sy verbond raak. Sy belofte is nie maar net woorde, of woorde waarvan ons nie weet of hulle met sekerheid vir ons en ons kinders bedoel is nie. Die HERE se belofte is seker vir elkeen aan wie dit gegee word. Dit gee vir ouers wat met hulle lewe by Christus skuil en by Hom hulle lewe soek, ware rus as een van hulle kinders vroeg sterf. Dit gee vir hulle die rus dat hulle nie geen oomblik hoef te twyfel aan die saligheid, aan die ewige behoud van hul kind wat  gesterf het.

Dit beteken ook vir ons wat nie vroeg gesterf het baie. Die HERE het ook na jou met Sy heerlike belofte toegekom. Hy kom ook na jou baie persoonlik toe in die prediking van die evangelie vandag. Hy het jou wat nie vroeg gesterf het op die beloftes wat Hy ook vir jou gegee het, aangespreek. Hy roep jou om hierdie beloftes nie te verag nie, om nie jou rug op die HERE te draai nie. Hy het in Sy beloftes jou so naby Hom gebring. Hy het jou tot Sy kind aangeneem en vir jou die belofte gegee dat  Sy liefde in Christus hom na jou uitstrek. Hoe belangrik is dit nou dat jy nie jou eie pad gaan stap en gaan sê: Ek weet beter as God wat met Sy beloftes tot my gekom het nie. Hoe belangrik is dait dat jy nou nie los van Christus en Sy Woord begin leef nie. Want dan word jy ‘n ongehoorsame kind, dan word jy iemand wat die verbond wat die HERE met jou gesluit het, verbreek. Die straf wat oor jou lewe kom as jy daarin volhou is groter vir die verbondsbreker as vir die mens wat nooit deel van die verbond was nie. Wie God se liefde wat hy geken het verag sal groter straf ontvang as hy wat daar nie of min van geweet het. Daarom sê die Here Jesus in Matteus 11: “En jy, Kapernaum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestort word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe. Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.” (vers 23,24)

Hoe heerlik en onverdiend is God se liefde wat na ons toegekom het vanaf die staanspoor van ons lewe. Hoe heerlik het die Vader ons tot Sy kinders gemaak. Hoe heerlik is dit dat Hy Sy eie Seun, Jesus Christus daarvoor tot in die dood gegee het. Laat die HERE se heerlike verbondsbelofte ons troos, ons tot verwondering bring waardeur ons nie meer in ons kinderjare is nie met diepe liefde vir Christus leef. Hoe goed is dan die lewe. Ook as hartseer in jou lewe kom. Hoe vol troos is dan ons lewe selfs as ons ‘n kind op baie jonge leeftyd moet verloor. Hoe wonderlik is die HERE as ons God en Vader vir ons

 

CHRISTUS SE GEMEENTE Sê OP HIERDIE VERKONDIGING VAN GOD SE VERBONDSWOORD: AMEN!

 

 

ORDE VAN DIENST

 

Votum

Vrede/Zegengroet

Psalm 147:5,7

Lezing van de wet

Gez 156

Schriftlezing:  Genesis 17: 1-8

                     1 Korintiërs 7: 10-15

 

Gebed

Collecte

Psalm 8: 1,2,3,6

TEKS: DORDTSE LEERREGELS I,17

Verkondiging van het evangelie

Psalm 105:4,5,6

Dankgebed

Psalm 103:5,7

Zegen

 

Geliefde gemeente van onze Here Jezus Christus, broeders en zusters, jongens en meisjes

 

De tijd waarin de Dordtse leerregels zijn opgesteld was een andere tijd dan de onze. Er was zoveel anders. Een voorbeeld: wanneer er onder ons een zuster in verwachting is, gaan we er eigenlijk vanuit dat het kind geboren wordt en ook in leven blijft. Dat was toen heel anders. Veel moeders stierven in die tijd in het kraambed. Als je er naar kijkt hoeveel kinderen er in die tijd stierven, waren dat er heel veel. Het was toen zo dat bijna de helft van de kinderen die geboren werden in hun eerste levensjaar dood gingen.

Dat laat je zien hoe actueel artikel 17 toen was. De meeste ouders in die tijd hadden meegemaakt dat een of meer van hun kinderen waren gestorven. Ook onder ons komt dit voor maar het zijn uitzonderingen geworden.

De remonstranten hebben juist op dit tere punt de aanval op de gereformeerden ingezet. Juist hier dachten ze een wapen te hebben dat heel sterk was omdat hierbij sterke gevoelens en diep verdriet een rol speelt.

Als je het Slotwoord van de Dordtse Leerregels leest, zie je welke sterke beschuldiging de Remonstranten tegen de Gereformeerden inbrachten: “Veel onschuldige kinderen van de gelovigen rukt God van de moederschoot weg en werpt ze als een tiran in het helse vuur, zonder dat het bloed van Christus, de doop of het gebed van de kerk bij de doop hen kan helpen.”

Hierop reageren wij in de Dordtse Leerregels met: “En zo nog veel meer, dat de gereformeerde kerken niet alleen niet belijden, maar ook van harte en vol afschuw verwerpen.”

Het is belangrijk om te zien wat we op dit punt wel belijden. We zien dat als ik jullie het evangelie onder het volgende thema verkondig:

 

DE KINDEREN VAN DE GELOVIGEN ZIJN HEILIG

 

  1. volgens het genadeverbond
  2. daardoor weten we dat de kinderen van de gelovigen die jong sterven uitverkorenen zijn.
  3. Volgens het genadeverbond

 

Wat kun je zeggen over kinderen die jong sterven? De remonstranten waren daar heel snel klaar mee. Het was duidelijk dat zo’n klein kind onschuldig was. Als je bij een wieg staat, kun je toch alleen maar vertederd zijn om dat kleine onschuldige baby’tje wat je daar ziet? De leer van de remonstranten was dan ook dat elk kind dat jong sterft dus naar de hemel gaat. Het maakt geen verschil of het nu een kind van gelovige ouders is of niet. Laten we eerlijk zijn dat zulke gedachten heel symphatiek overkomen en je al gauw aanspreken.

Het antwoord dat in de Dordtse Leerregels gegeven wordt, is niet dat er allerlei vermoedens over het geloof van dat kleine kind uitgesproken worden. Onze belijdenis zoekt zijn kracht niet in een of andere redenering. Ook niet in een of andere theologische mening. .

De Dordtse Leerregels zoeken hun kracht in het Woord van de HERE. Alleen in wat de heilige Geest ons in de Bijbel leert, ligt de bewijskracht en de echte vaste grond voor onze gedachten hierover. We moeten het ook hierbij niet in onze gevoelens zoeken maar in het onderwijs van onze hemelse Vader.

Dan zie je meteen dat we de remonstranten en velen in onze eigen tijd niet kunnen volgen als ze zeggen: alle kinderen die sterven zijn gered want kinderen zijn nog onschuldig. Je ziet hier dat je dit alleen kunt zeggen als je de erfzonde ontkent. Als je ontkent dat ieder mens met schuld en  met de neiging om te willen zondigen geboren wordt. Niemand van ons is zonder schuld in de wereld gekomen. Hoe onschuldig je ook lijkt wanneer je net geboren bent. Het is niet voor niets dat we in het doopformulier belijden dat vanaf het begin van ons leven Gods toorn, Zijn straf over ons leven ligt. We kunnen het ontkennen maar de werkelijkheid is wel zo. Een van de vragen bij de doop van onze kinderen is dan ook: “Belijdt u, dat onze kinderen, hoewel ze in zonde ontvangen en geboren zijn en daarom aan allerlei ellende, ja zelfs aan het eeuwig oordeel onderworpen, toch in Christus geheiligd zijn en daarom als leden van zijn gemeente behoren gedoopt te zijn?”

Hoe goed de leer van de Remonstanten ook klinkt toch is het in strijd met wat de Heilige Geest ons leert. Het strijd bijvoorbeeld met wat we lezen in Psalm 51:7: “Ik was al schuldig toen ik werd geboren, al zondig toen mijn moeder mij ontving.”

Wij belijden in de Dordtse Leerregels dat er een verschil is tussen de kinderen van de gelovigen en die van de ongelovigen. De kinderen van de gelovigen zijn ondanks de schuld waarmee ze geboren worden in Christus geheiligd.

Waarom zijn ze geheiligd? Betekent dit dat elk kind van gelovige ouders eigenlijk al als een gelovige geboren wordt?  Is ieder kind dat uit gelovige ouders geboren wordt dus iemand die voor eeuwig gered is?

Zo is het niet. Als we dat zouden denken gaan we heel duidelijk in tegen wat de HERE ons leert.  We lezen in de Bijbel namelijk ook van mensen die uit gelovige ouders, in het verbond geboren worden. Die besneden zijn of gedoopt zijn maar later niet meer in liefde voor de HERE leven. Die hun eigen weg gaan. Die niet met verdriet over eigen zonden de HERE vragen om vergeving en hun leven niet door de kracht van de Heilige Geest willen veranderen. Denk maar eens aan het volk Israel dat zo vaak van de HERE afviel. Paulus schrijft daarover in 1 Korinthe 10. Hij vertelt dan dat het hele volk Israel door de uittocht uit Egypte deelde in de verlossing die Hij gaf. Hij zegt dan dat het hele volk uit de geestelijke rots Christus gedronken heeft. Daarna schrijft hij in vers 5,6: “Toch wees God de meesten van hen af, want hij liet hen bezwijken in de woestijn. Dit alles strekt ons tot voorbeeld: wij moeten niet uit zijn op het kwade, zoals zij.”

Nadat Paulus nog meer voorbeelden van Gods oordeel tijdens de woestijnreis gegeven heeft, schrijft hij in vers 11: “Wat hun overkomen is, moet ons tot voorbeeld strekken; het is geschreven om ons, voor wie de tijd ten einde loopt, te waarschuwen.”

De HERE laat bij de doop, bij het teken van Zijn verbond, zien dat het kind dat dit teken ontvangt heilig is. Heilig zijn betekent dan niet dat je door ongehoorzaamheid niet meer voor eeuwig verloren kan gaan. Het is juist daarom dat de Geest in Rom 9:6 zegt: “Want niet alle Israëlieten behoren werkelijk tot Israël”.  Heilig zijn betekent wel dat je door God in de wereld apart gezet bent. 

Onze kinderen zijn van zichzelf niet beter en heiliger dan andere kinderen. Het verschil tussen de kinderen van de gelovigen en de ongelovigen ligt ook niet hierin dat het geloof van de ouders hun kinderen beter maakt. Het verschil is dat onze kinderen door Gods genade in Zijn beloften van vergeving en eeuwig leven delen. Zij horen door Gods genade bij Zijn verbond en daarom zijn ze heilig. 

Wat betekent het heilig zijn voor wie in het verbond geboren worden? Een van de delen in de Bijbel die belangrijk zijn om dat goed in beeld te krijgen is 1 Korinthe 7. Het gaat daar om de situatie waarin aan mensen die de HERE niet kennen het evangelie verkondigd wordt. Het zaad van het evangelie wordt gezaaid en in een huwelijk komt daardoor een van 2 tot geloof. Paulus zegt dan dat je je er als gelovige niet voor moet inzetten om van je ongelovige man of vrouw te gaan scheiden. Hij zegt dan dat hij daarvoor geen letterlijke uitspraak van de Here Jezus kan aanhalen maar dat hij hierin door de Heilige Geest geleid wordt.

Bij zo’n huwelijk waarbij de een gelovig is en de ander ongelovig is een belangrijke vraag: Hoe zit het nu met de kinderen?  Mag de gelovige man of vrouw zijn of haar kind laten dopen? Mag je zeggen dat jouw kinderen bij Gods verbond horen terwijl jouw man of vrouw ongelovig is?

Paulus schrijft dan dat de gelovige de ongelovige niet moet verstoten: “Want de ongelovige man behoort dankzij zijn vrouw God toe en de ongelovige vrouw dankzij haar man eveneens. Zou dat niet zo zijn, dan zouden uw kinderen onrein zijn. Maar nu zijn ze geheiligd.”vs 14

Het is belangrijk om te zien dat Paulus hier verschillende woorden gebruikt om aan te geven wat de positie van de ongelovige man of vrouw is en wat de positie van het kind is. In ons vertaling staat er dan dat de ongelovige partner  “God toebehoort”.  Van het kind staat er dat die daarom geheiligd zijn.

In de 1951 vertaling wordt meer letterlijk vertaald en lezen dat de ongelovige partner geheiligd is en dat daarom de kinderen heilig zijn. De ongelovige man of vrouw wordt niet heilig door het geloof van de ander. Het is wel zo dat de HERE ervoor zorgt dat het ongeloof van de andere partner er niet voor kan zorgen dat het kind dat geboren wordt niet echt in Zijn liefde deelt. De HERE zorgt ervoor dat het ongeloof van de een er niet voor kan zorgen dat de kinderen niet zouden delen in Zijn liefde en trouw die Hij in Zijn verbond geeft. Het ongeloof van de een kan het kind niet zo vuil maken dat God zegt: dat kind hoort niet bij Mij. De HERE neemt die verhindering weg terwille van de gelovige. De kinderen in zo’n huwelijk geboren worden ook apart gezet en horen bij het volk van God, bij Christus kerk. Bij Gods volk dat in deze wereld apart gezet is.  Ze horen bij het volk van God! Zij behoren bij het volk waarvan de HERE bij de instelling van de besnijdenis gezegd heedft: “Ik sluit een verbond met jou en met je nakomelingen, met alle komende generaties, een eeuwigdurend verbond: ik zal jouw God zijn en die van je nakomelingen.”vs 7

Dat je deel bent van Gods volk op aarde is niet te danken aan iets in jezelf maar omdat de HERE je in Zijn liefde  Zijn belofte gegeven heeft. De HERE belooft aan ieder die bij het verbondsvolk hoort  dat Hij jouw Vader wil zijn. Dat Hij jou door Christus al je zonden wil vergeven. Het heilig zijn van onze kinderen betekent dat God ze apart gezet heeft en dat Hij hen met liefde in Zijn armen genomen heeft. Dat is de reden waarom wij zeker mogen weten dat als onze kinderen jong sterven ze bij Gods uitverkoren kinderen horen. We letten daarop in de tweede plaats.

 

  1. daardoor weten we dat de kinderen van de gelovigen die jong sterven uitverkorenen zijn.

Je babytje sterft. Jij bent een kind van God en je leeft in liefde met de HERE. Je verdriet is groot. Jij vraagt je af waarom je dit kind dat je negen maanden in je buik mocht dragen nu op aarde moet missen. Daarbij komt ook nog de vraag: waar is mijn kind nu? Zou het echt bij de Here Jezus in de hemel zijn? Hoe weet ik dat mijn kind een uitverkorene is? Jij hebt nog niets van het geloof van je kind kunnen zien. Is het dan nodig om te twijfelen? Blijft er dan niet altijd iets van onzekerheid?

Let er dan eens op hoe sterk onze belijdenis hier spreekt. Er staat niet: het is voor gelovige ouders niet nodig om daaraan te twijfelen. Nee, vanuit wat we in de Bijbel lezen geven de Dordtse Leerregels ons zelfs een opdracht: “Daarom moeten godvrezende ouders niet twijfelen aan de uitverkiezing en het behoud van hun kinderen, die God zeer jong uit dit leven wegneemt.”

De HERE heeft Zijn belofte gegeven. Als Hij dan jouw kind vroeg uit het leven op aarde wegneemt,  mag je de zekerheid hebben dat jouw kind bij de HERE is als Zijn uitverkoren kind. Hij heeft jouw kind laten delen in het verlossende werk van Christus. Door Zijn bloed zijn de zonden van jouw kind voor altijd weggewassen. Daarvan is zijn of haar vroege sterven het bewijs. Dit heeft de HERE gedaan! Niet zonder jouw kind tot een ander mens gemaakt te hebben. Niet zonder jouw kind in de wedergeboorte te laten delen. De HERE heeft dan zonder dat wij dat konden zien de wedergeboorte in jouw kind gewerkt. Het is echt niet zo dat Gods belofte, de doop en de gebeden bij de doop niets voor het kind dat jong sterft betekenen. Wij mogen juist troost putten uit de volgende woorden die we na de doop bidden: “Almachtige, barmhartige God en Vader, wij danken en loven U, dat u ons en onze kinderen door het bloed van uw geliefde Zoon Jezus Christus al onze zonden vergeven hebt en ons door uw Heilige Geest tot leden van uw eniggeboren Zoon en zo tot uw kinderen hebt aangenomen. Wij danken U, dat U ons dit met de doop verzegelt en bekrachtigt.”

Let er ook op dat dit artikel van onze belijdenis niet zegt dat alleen bepaalde jonge kinderen van gelovige ouders die sterven voor altijd gered zijn. Nee, alle gelovige ouders die jonge kinderen hebben die gestorven zijn wordt heel persoonlijk verzekerd: “Daarom moeten godvrezende ouders niet twijfelen aan de uitverkiezing en het behoud van hun kinderen, die God zeer jong uit dit leven wegneemt.”

We zien hier Gods heerlijke trouw in Zijn verbond. Zijn belofte zijn maar niet alleen woorden waarvan we niet weten of die eigenlijk wel voor ons of voor onze kinderen bedoeld zijn. Gods belofte is zeker voor iedereen aan wie Hij die gegeven heeft. Dit geeft ouders die met hun leven bij Christus schuilen en bij Hem hun leven zoeken echte rust als een kind van hen jong sterft. Dat is de echte troost die de HERE geeft. Het geeft de rust dat ze geen ogenblik hoeven te twijfelen dat hun kind heerlijk bij de HERE is. Dat je kind het echt zo goed heeft bij Vader in de hemel. Dat je kind daar leeft door Christus offer verlost van Gods straf.

Dit betekent ook voor ons die niet vroeg gestorven zijn heel veel. De HERE is ook naar jou en mij met Zijn geweldige belofte toegekomen. Heel persoonlijk heeft Hij ons Zijn belofte gegeven. Heel persoonlijk doet de Here God dat ook vanmorgen door de verkondiging van het evangelie.  Hij spreekt je vol liefde nu aan op de beloften die Hij jou gegeven heeft. Op het voorecht dat jij en ik Hem mogen kennen. Hij roept ons op om die belofte van Hem in ons leven niet aan de kant te schuiven. Hij komt in liefde zo dicht bij jou! Hij heeft jou tot Zijn kind aangenomen en aan jou de belofte gegeven dat Zijn liefde in Christus zich ook naar jou uitstrekt.

Het is zo belangrijk dat je niet je eigen weg in het leven gaat. Dat je niet zegt: Ik weet het beter dan de God die met Zijn belofte naar mij is toegekomen. Het is zo belangrijk dat je niet los van God en Christus door het leven gaat. Niet losraakt van het Woord van God maar je juist daaraan al meer in liefde bindt. Als je er los van gaat leven wordt je een ongehoorzaam kind. Dan wordt je iemand die het verbond dat de HERE met jou gesloten heeft, verbreekt. De straf die dan over je komt als je zo tot het einde toe blijft leven, is groter dan dat je niet van gods belofte en van Christus geweldige werk gehoord had. Wie Gods liefde heeft gekend en het dan veracht en weggooid, krijgt een zwaardere straf dan wie er niets of heel weinig van weet. Het is daarom dat de Here Jezus in Mattheus 11 zegt: “En jij dan, Kafarnaüm, je denkt toch niet dat je tot in de hemel zult worden verheven? In het diepst van het dodenrijk zul je afdalen! Want als in Sodom de wonderen waren gebeurd die bij jou gebeurd zijn, dan was het tot op de huidige dag blijven bestaan.  Ik zeg je dat op de dag van het oordeel het lot van Sodom draaglijker zal zijn dan dat van jou.” Vs 23,24

Gods onverdiende liefde die naar jou en mij toekomt is zo geweldig en dat is zo’n wonder! Wat geweldig als je die liefde al vanaf het begin van je leven mag kennen. Geweldig dat de HERE ons tot Zijn kinderen heeft gemaakt. Het is heerlijk om te weten dat Hij daarvoor Zijn Zoon, Jezus Christus tot in de dood gegeven heeft. Laat de heerlijke verbondsbelofte die Hij aan jou gedaan heeft je tot troost zijn. Tot diepe verwondering brengen. Je juist steeds weer heel dicht bij de HERE laten leven. Dan is het leven ook als er veel tranen zijn goed. Dan is er de troost die niemand kan wegnemen. De troost die zeker is. Dan heb je troost als je mkind vroeg gestorven is. Je kind kan het niet beter hebben. Hij of zij is bij de HERE. Hoe groot is Gods liefde dat Hij onze God en Vader wil zijn.

 

AMEN