Preek Dordtse Leerreëls II,5,6 - Dordtse Leerregels II,5,6

Preek Dordtse Leerreëls II,5,6  - Dordtse Leerregels II,5,6

 

ORDE VAN DIENS

 

Opening

Vrede/Seëngroet

Psalm 5:3,4,6

Lesing van die wet

Psalm 52:3,4

Skriflesing:    Lukas 3: 7-18

                       Handelinge 13: 38-48

 

Gebed

Kollekte

Psalm 87

Teks: Dordtse Leerreëls II,5,6

Preek

S.B. 18: 5,6,7,8

Dankgebed

Psalm 116:7,9,10

Seën

 

Gemeente van Jesus Christus, broers en susters

 

Die HERE het in Christus se dood vir ons ‘n skat van onskatbare waarde gegee. ‘n Skat wat onuitputbaar is. Die vergifnis wat Hy daarmee verdien het kan nooit op raak nie.

Dit beteken nou baie vir ons lewe in en buite die gemeente. Dit beteken ook baie vir die manier waarop ons oor en van Christus praat. Dit beteken ook baie vir die vraag met wie ons van Christus praat.

Mense dink en sê dikwels dat die leer van die uitverkiesing die verkondiging van die evangelie en die lewe vir Christus belemmer. Die leer van die ewige uitverkiesing sou daarvoor sorg dat die kerk nie met groot entousiaisme en met groot ywer die evangelie van die Here Jesus sou verkondig nie.

Dit sou daartoe lei dat of die kerk wat dit bely sy roeping tot evangeliesasie en sending versaak of  daaraan baie min doen. As die gemeente nogtans die evangelie laat uitgaan, is dit volgens sekeres ook nie die blye evangelie nie. Volgens hulle sorg die leer van die uitverkiesing van voor die grondlegging van die wêreld daarvoor dat  die klem meer daarop lê om vir die mense te sê dat hulle moet ontdek of hulle uitverkies is as dat vir mense sonder enige terughouding Christus as die Verlosser verkondig en aangebied word.

Hierdie teenstand, hierdie verkeerde gedagtes oor God se verkiesing en die verkondiging van die evangelie word in die artikels 5,6 baie duidelik weerlê. Ons sien dit raak as ek vir julle Christus se blye boodskap onder hierdie tema verkondig:

 

VERKONDIG VRY EN BLY CHRISTUS

 

1.            Aan elkeen.

2.            Met die eis van bekering en geloof

3.            Ondanks baie se ongeloof.

 

1.            Aan elkeen

 

Ons bely in die Dordtse Leerreëls sonder enige onduidelikheid dat  die HERE in Sy liefde voor die grondlegging van die wêreld sekere mense uit die sondige menslike geslag tot geloof en ewige lewe uitgekies het. Ons bely sonder enige onduidelikheid dat Christus vir die uitverkorenes die verlossing verdien het. Hy het nie vir alle mense gesterf nie maar vir die uitverkorenes.

Dit is nou juis dieselfde Dordtse Leerreëls waarin ons op grond van die Bybel bely dat Christus se dood genoeg was vir die versoening van die hele wêreld. Ons bely juis hier dat Christus vir alle mense verkondig moet word en vir alle mense sonder onderskeid as die Verlosser aangebied moet word. Hoekom kan en moet ons so bely en so leef?

Omdat verkiesing, verbond en ook die taak om die evangelie te verkondig nie met mekaar mag vereenselwig, ons mag dit niem tot een of ander sisteem maak wat volgens ons menslike verstand moet klop nie. Wanneer begin mense die uitverkiesing verkeerd gebruik en begin dit die onbekommerde verkondiging van die evangelie belemmer?

Dit gebeur as mense begin sê dat by die doop God se belofte dat Hy jou Vader wil wees, dat die Seun jou Verlosser wil wees en dat die Gees jou tot ‘n nuwe mens, ‘n gelowige wil maak, eintlik net vir die uitverkorenes geld. Dan het die verkiesing oor die verbond, oor God se heerlike belofte in die verbond gaan heers. Dan praat ons anders as wat die HERE dit self in die Bybel doen. Die groot voorreg in die verbond is dat die HERE na jou vanaf die staanspoor van jou lewe nou jou toegekom het. Hy bemoei Hom vanaf die begin van jou lewe met jou. Hy laat jou steeds weer Sy belofte en liefde hoor en roep jou steeds weer. Hy behandel jou as Sy kind vol van Sy liefdevolle stem en belofte rondom jou. Die voorreg van die verbond is die HERE se intensiewe en vertroulike omgang met jou en dit vanuit Sy belofte. Ons wat in die HERE se verbond opgeneem is, het daartdeur ook ‘n groot verantwoordelikheid gekry om met Hom te leef en om hierdie belofte vir ander mense te verkondig.

Dit is ook daarom dat die HERE Sy volk sonder enige beperking die evangelie vir ander te verkondig. Ons vind dit sowel in die Ou as in die Nuwe Testament. Ek noem enkele voorbeelde:

Psalm 96: “Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag. Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode.” (2-4)

Jesaja 55: “o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk.”

Die Here Jesus sê net voor Sy hemelvaart vir Sy dissipels: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Mark 16:15.

As Filippus na Samaria trek, verkondig Hy vir die Samaritane die evangelie. Ons lees daarvan in Hand 8: “En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaris en Christus aan hulle verkondig.”

Dit is baie duidelik dat die HERE vir ons die opdrag gegee het om Christus te verkondig. Ons moet dit doen sonder om te vra of die persone aan wie ons die verkondig uitverkorenes is. Daarmee het ons dan niks te doen nie. Die HERE roep ons op om Christus vir die wêreld te verkondig. Ons sien ook baie mooi raak in artikel 5 dat dit Christus is wat verkondig moet word. Hy moet as die Verlosser aangebied word. In Hom het God met Sy genade na die mense toegekom.

Die verkondiging van God se belofte aan die hele wêreld staan nie teenoor God se verkiesing nie. Wie deur God uitverkies is, weet ons nie. Dit behoort by God se verborge dinge. Vir ons is deur God geopenbaar dat ons die boodskap van vergifnis in Christus alleen vry en bly vir mense moet vertel en verkondig. Dit is die manier waarop die HERE Sy uitverkorenes uit die duisternis haal en hulle bring tot die aanneem van Christus as die Redder van hulle lewe. Ons sien dit gebeur as Paulus die evangelie in Antiochie in Pisidië verkondig. Ons lees daarvan in Handelinge 13. Paulus verkondig Christus eers in die sinagoge daar. Amper aan die einde van sy preek sê hy dan vir almal wat daar sit, ook vir die heidene wat die sinagogediens meemaak: “Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.” (38,39) Ons sien hier hoe Christus, hoe die vergifnis van die sondes aan almal aangebied word. Paulus hou met die evangelie ook nie afstand van die mense daar nie deur te vra of hy nou vir uitverkorenes praat of dat hulle nie uitverkorenes is nie. As Jode en Godvresendes later nog met Paulus en Barnabas praat lees ons in vers 43: “Die het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.” (43) Die verkiesing mag nooit die verkondiging van die evangelie en die oproep om jou tot Christus te bekeer  enigsins beperk nie. Dit is die HERE wat op hierdie manier Sy uitverkorenes tot die geloof bring. Ons lees dit duidelik in vers 48 as Paulus duidelik gemaak het dat die evangelie van Christus ook vir die heidene, vir die nie Jode is. Dan lees ons daar: “En toe die heidene dit hoor was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.”

God se uitverkiesing wat juis deur die vrye en blye verkondiging van die evangelie die uitverkorenes na vore haal, is juis ‘n heerlike stimulans vir elke werk van sending en evangelisasie. Ons sien hier God se groot wysheid raak en laat ons dan nie wyser as Hom wil wees met eie teorië en skema’s nie. Laat ons gehoorsaam aan dit wat die HERE vir ons geopenbaar het Christus aan elkeen verkondig en met blydskap omdat daar nie ‘n beter boodskap is as dat Hy die Verlosser is, die enigste wat ‘n mens van die ewige dood kan red. Dan verkondig ons Christus altyd met die opoep tot bekering en geloof. Ons let daarop in die tweede plek.

 

2.            Met die eis van bekering en geloof.

 

Hoe kom die belofte van Christus as die enigste Verlosser na mense toe? Hoe moet ons dit doen? Dit is duidelik dat die verlossing deur Christus alleen nie bloot ‘n mededeling kan wees nie. Dit is nie so dat mense mag begin dink dat hy gered is sonder dat hy regtig met die HERE leef nie.

Die evangelie van Christus moet altyd weer in die vorm van ‘n ernstige oproep na mense toekom. Dit geld vir die verkondiging in die sending en by die evangelisasie maar ook van die prediking van die evangelie soos dit tot ons as die HERE se verbondsvolk kom. Dit is verkeerd om ‘n skeiding tussen die verkondiging van die evangelie te maak en vermanings wat tot mense kom. Hierdie vermanings mag nooit van Christus en die evangelie losgemaak word nie maar ons mag ook nooit sê dat as die konkrete vermaan tot ons vanf die preekstoel kom, dit nou maar ‘n moralistiese preek was nie. En dit dan as ‘n verskoning gebruik om dit nie as die Woord van die HERE aan te neem en in gehoorsaamheid te volg nie. ‘n Baie duidelike voorbeeld van die verbinding tussen evangelie en vermaninge vind ons in Lukas 3.

Dit is Johannes die Doper wat daar sy werk doen om God se volk op die ontmoeting met Christus voor te berei. Sy prediking word dan o.a. gekenmerk deur hierdie woorde: “Dra dan vrugte wat by die bekering pas, moet nie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek. Maar die byl lê ook al teen die wortel  van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.” (8,9) Dan kom Johannes met baie konkrete oproepe van bekering tot verskillende groepe mense wat by hom kom. Hy wys hulle spesifieke sondes aan. Daarna lees ons as ‘n opsomming van Johannes die doop se prediking hierdie opvallende woorde in vers 18: “Hy het ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.”

Die evangelie moet verkondig word maar nooit vryblywend nie. Altyd vry en bly maar ook met die groot erns. Die verkondiging van die evangelie is ook altyd bediening van die sleutels van die hemelryk. Ons bely dan ook van die verkondiging van die evangelie in God se gemeente in vraag en antwoord 84: “

Elke preek moet daarop gerig wees dat elkeen wat dit hoor weer duidelik met sy lewe voor God kom staan. Dat elkeen besef dat hy nou weer staan vir die keuse of hy Christus volg of nie volg nie. Wie die evangelie wat verkondig is nie aanneem en hom nie bekeer van die sondes wat by hom of haar aangewys is, staan daardeur deur eie keuse buite God se genade. Dit is nie so dat jy in die kerk mag sê dat jy met jou belydenis doen een keer vir die HERE en Sy diens gekies het en dat jy daarom nie meer egte bekering nodig het nie en die prediking in Christus se kerk daarom nie so baie klem op die bekering elke keer weer moet lê nie. Die oproep tot bekering en geloof bly vir elkeen van ons tot die dag van ons afsterwe nodig, elke keer dat ons die prediking van die evangelie hoor. Steeds weer moet die evangelie so na ons en alle mense kom dat dit is wat ons lees in Hebr 4:12:

“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.”

Dit is altyd weer ‘n gevaar wat die kerk bedreig dat ons met onsself tevrede raak. Dat ons eintlik begin voel dat ons bo die oordeel van die HERE staan. Ons is tog gelowiges! Ons ouers was dit tog al, ons was altyd gereformeerd, ons is tog lidmate van die ware kerk, ons is tog deur Christus verlos! Is dit dan nie baie beter om net van die verlossing te praat en nie van sonde en bekering nie. Dit is tog ‘n stadium wat agter ons lê?!

As ons so gaan dink, lag die duiwel. Dan kan hy so met ons begin werk dat ons slordiger begin leef en dat ons dink dat dit nie so erg is nie. Dan kan hy so begin werk dat die sondebesef by ons begin uitslyt, dat ons nie meer smeek om vergifnis en nie meer leer om ons skuld konkreet vir God te bely nie. Die eis van bekering en geloof is ‘n deel van God se verbond met Sy volk wat elke dag en elke preek moet funksioneer. Ons het dit nodig om by Hom te bly leef en nie onder Sy toorn te kom. Ons het dit nodig om nie net soos die Jode in Johannes se tyd te begin sê: “en moenie by julleself begin sê: Ons het Abraham as vader nie”. Luk3:8

As die prediking vanuit die blydskap dat Christus die Verlosser is en dat Hy ons skuld gedra het, met vermaan op konkrete punte in ons lewe kom, het ons dikwels verskonings om dit nie te gehoorsaam nie. Die een keer is die preek te swaar, dit het ons dan te diep in ons eie lewe geraak, die ander keer is dit te bly. Ons het dan steeds verskoning om die Woord van Christus nie in ons eie lewe te volg nie. Die Here Jesus weet hoe mense, ook in die kerk, ook onder die verbondsvolk allerhande verskonings het om die evangelie nie heeltemal te wil aanneem en volg nie. Die Here Jesus wys daarop in Matt 11:16-19: “Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ‘n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie. Want Johannes het gekom en nie geëet en gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel. Die Seun van die mens het gekom – Hy eet en drink, en hulle sê: Daar is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.”

Laat ons kinders van God wees wat regtig al ons verskonings by die huis laat, wat regtig van God se wysheid wil leer. Wat van Christus se genade wil leef en daarom Hom wil volg en wegdoen wat verkeerd is en vol liefde wil doen wat die HERE van jou vra. Dan is die dien van die Here en die leef in sy gemeente al kos dit ons geld, al kos dit ons vriende en posisie, al kos dit baie inspanning nie ‘n las maar ‘n lus. Hoe heerlik dat jy uit die slawerny van die sonde gered is en vir Christus die Verlosser mag leef.  Die ellende is dat baie mense Christus wat hulle aangebied word nie wil volg nie. Daaroor nou nog in die derde punt ‘n enkele opmerking.

 

3.            Ondanks baie ongeloof.

 

Die Here Jesus berei sy leerlinge daarop voor dat as hulle vry en bly die evangelie gaan verkondig baie dit sal afwys. Baie sal Christus wat in die prediking met die uitnodig en eis om te geloof tot hulle kom in ongeloof beantwoord. Dit moet Christus se gemeente nie moedeloos maak nie. ‘n Gelykenis waarin die Here Jesus Sy leerlinge en Sy kerk daarop voorberei vind ons in Matteus 22. Die Here Jesus vergelyk daar die koninkryk van die hemele met ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun versorg. Die koning moet verskillende kere, verskillende mense nooi om die saal vol te kry. Baie sê dat hulle om watter rede nie na die fees kom nie. As die bruilofsaal vol is omdat die koning later almal wat sy knegte gesien het genooi het, is daar een wat ingekom het maar nie ‘n feeskleed aangetrek het. Dit is iemand wat in die kerk ingekom het maar hom nie werklik wou bekeer nie. Hy wou Christen wees en vir homself en die wêreld leef. Die koning ontdek hom en gooi hom uit. Jesus sluit hierdie gelykenis af met die woorde: “Want baie is geroep maar min is uitverkies.” (14)

As ons die evangelie verkondig, moet ons nie verwag dat die meerderheid tot bekering kom nie. Ons moet nie begin dink as ons op die regte manier en volgens menslike kommunikasieteorië goed kommunikeer die meeste mense tot Christus kom nie. Ons moet met die werklikheid rekening hou dat min uitverkies is. Ons moet bly werk, in die blydskap dat ons Christus as die Verlosser mag verkondig. Dan soek ons die skuld vir die afwys nooit by God nie. Die skuld vir elke afwysing van die evangelie is die mens se eie ongeloof en daarop moet ons ander, mekaar en onsself aanspreek.

Laat ons in osn lewe van Christus getuig. Openlik en bly. Laat ons mense wil trek sonder om ons deur mense se ongeloof te laat ontmoedig. Laat ons op elke plek in ons lewe Christus se getuies wees. Dan sug ons nie as ons vir Christus en Sy Koninkryk mag leef, werk en gee nie. Dit word dan die lus van ons lewe. Hoe heerlik is dit dat Christus vir jou verkondig is, al so dikwels, hoe heerlik is dit om verbondskind te wees. Wys in jou lewe hierdie blydskap en leef uit hierdie genade wat die HERE vir jou gegee het!

 

CHRISTUS SE GEMEENTE Sê OP HIERDIE VERKONDIGING VAN DIE EVANGELIE VOL VRYMOEDIGHEID: AMEN        

 

 

 

 

ORDE VAN DIENST

 

Votum

Vrede/Zegengroet

Psalm 5:1,2,5

Lezing van de wet

Psalm 52:4,5

Schriftlezing: Lukas 3: 7-18

                       Handelingen 13: 38-48

Gez 45

Doop: Martinus Kornelis Moetwil

Formulier 3

Gez 124:1,4,5

Gebed

Collecte

Psalm 87

Tekst: Dordtse Leerregels II,5,6

Verkondiging van het evangelie

Gez 163:1,2

Dankgebed

Psalm 116:7,9,10

Zegen

 

Gemeente  van onze Here  Jezus Christus, broeders en zusters, jongens en meisjes

 

Wij hebben een geweldige schat in ons leven. Een schat die de waarde van alles op deze wereld te boven gaat. Dat zie je zo duidelijk bij de doop.  Die schat is Jezus Christus. Twee weken geleden zagen we dat de dood van Christus die schat is die zoveel waarde heeft dat die schat nooit opraakt. Een onuitputbare schat. Bij die schat zie je nooit de bodem. De vergeving die Hij geeft aan wie met hun leven naar Christus gaan raakt nooit op.

Dit heeft grote betekenis voor hoe je in het leven staat. Hoe je over Christus spreekt. Hoe je met je kind praat. Wat het doel van je leven is. Het heeft ook grote betekenis voor de vraag met wie je over Christus spreekt. Je ziet hier dat het niet zo is dat Gods uitverkiezing maar op een of andere manier de verkondiging van Christus aan anderen in de weg staat. Nee, het gaat erom dat wie Christus als de geweldige schat van zijn of haar leven heeft leren kennen juist ook anderen dat geweldige nieuws wil brengen. Juist met het doel om ook die andere ertoe te brengen om zijn of haar leven bij Christus te zoeken. We zien dit als ik jullie nu het blijde evangelie onder het volgende thema verkondig:

 

VERKONDIG VRIJ EN BLIJ CHRISTUS

 

1.  Aan iedereen

2. Met de eis van bekering en geloof

3. Ondanks dat velen niet geloven

 

1.    Aan iedereen

 

We belijden hier in de Dordtse Leerregels dat we juist mensen de uitnodiging van God om tot Christus te komen moeten voorhouden. Als het mooiste en kostbaarste wat er is. We belijden hier dat Christus aan alle mensen verkondigd moet worden. Zonder onderscheid. Om mensen Hem als de Verlosser die ze zo nodig hebben aan te bieden. Waarom moeten of zouden we dat nu doen? 

Omdat Gods belofte heel echt gemeend is tot ieder tot wie die belofte komt. Bij de doop zie je dat op een heel bijzondere manier. Daar klinkt de belofte voor zo’n klein baby’tje dat God zijn Vader wil zijn, dat Christus Zijn Redder wil zijn. Dat de heilige Geest hem wil leren om juist bij God en bij Christus te willen horen. Dat de Geest hem tot een ander, een nieuw mens wil maken. Dat is het geweldige dat je op anderen voor hebt als je in de kerk van Christus gedoopt bent. Als je steeds weer in je opvoeding en in de kerk waar je komt luisteren die geweldige belofte van God hoort dat Hij jou God en Redder wil zijn. Het is het voorrecht dat je steeds weer in liefde geroepen wordt tot de enige die je leven voor altijd kan redden en goed kan maken. Het geweldige van het verbond is dat de HERE vanaf het begin van je leven naar je toe is gekomen met Zijn onverdiende liefde. Hij bemoeit Zich met je leven vanaf het eerste begin. Hij laat steeds weer horen en zien hoe graag Hij jou vergeving wil geven. Een leven voor altijd bij Hem. Hij behandelt je als een kind dat Hij in liefde uit ellende wil redden en met Zijn liefde wil omgeven. Het geweldige van het verbond is dat de HERE Zijn intensieve en vertrouwlijke omgang met jou steeds weer zoekt. Wie in Gods verbond is opgenomen heeft daarmee ook de grote verantwoordelijkheid gekregen om met Hem te leven. Om juist vanuit de liefde van God ook andere mensen van Christus te vertellen.

Die opdracht vinden we op veel plaatsen in het Oude en Nieuwe Testament. Laten we samen eens kijken naar verschillende plaatsen waar we dit vinden.

 Psalm 96: Zing voor de HEER, prijs zijn naam, verkondig van dag tot dag dat hij ons redt.  Maak aan alle volken zijn majesteit bekend, aan alle naties zijn wonderdaden. Groot is de HEER, hem komt alle lof toe, geducht is hij, meer dan alle goden.  (2-4)

Jesaja 55: “Hierheen! Hier is water, voor ieder die dorst heeft. Kom, ook al heb je geen geld. Koop hier je voedsel en eet. Kom, koop voedsel zonder geld, koop wijn en melk zonder betaling.”  Vs 1

De Here Jezus zegt net voordat Hij naar de hemel gaat: “En hij zei tegen hen: ‘Trek heel de wereld rond en maak aan ieder schepsel het goede nieuws bekend.” Marc 16:15

Wanneer de apostel Filippus naar samaria gaat verkondigt hij aan de samaritanen het evangelie. We lezen daarvan: “Filippus ging naar de stad Samaria, en verkondigde hun de messias.” Hand 8:5

Het is duidelijk dat Christus ons de opdracht heeft gegeven om Hem als de beloofde Verlosser te verkondigen. Gewoon met iedereen over Christus spreken en ze uitnodigen om Christus te leren kennen en met Hem te leven. Christus roept ons om Hem aan de wereld te verkondigen, aan te bieden. Dat betekent niet dat we Christus in de uitverkoop doen. Nee, we laten zien hoe belangrijk en van onschatbare waarde Hij is. Je mag tot hem komen en het is levensbelangrijk voor je leven. Kom tot hem meet diepe eerbied en liefde. Hij verdiend al je liefde, een leven dat helemaal aan hem gewijd is. In Christus komt Gods liefde naar mensen toe.  

Die verkondiging van Gods belofte aan de hele wereld staat niet tegenover Gods verkiezing. Wie door God zijn uitgekozen weten wij niet. Dat hoort bij de voor ons verborgen dingen. Voor ons is duidelijk, is openbaar, dat wij de boodschap van vergeving door Christus alleen vrij en blij aan alle mensen hebben te vertellen. Dat is de manier waarop de HERE mensen tot hem roept, het geloof door Zijn Geest geeft en ze zo uit het donker haalt. Om ze zo bij Christus als het licht van de wereld te brengen.

We zien dit ook als Paulus het evangelie in Antiochie in Pisidie brengt. We lezen daarover in Handelingen 13. Paulus gaat naar de synagoge om daar over Christus te vertellen. Aan het einde van zijn preek daar zegt hij tegeniedereenn die daar zit: “U moet dus weten, broeders en zusters, dat het dankzij hem is dat aan u de vergeving van de zonden verkondigd wordt; iedereen die op grond van de wet van Mozes geen vrijspraak kon krijgen,  wordt door hem geheel vrijgesproken, mits hij gelooft.” Vs 38,39  je ziet hier hoe de vergeving van de zonden, Christus als de Redder aan iedereen aangeboden wordt. Het evangelie wordt niet op afstand gehouden. Wanneer Joden en mensen uit de andere volken later nog met Paulus en Baranabas spreken, lezen we in vers 43: “Na afloop van de samenkomst liep een groot deel van de Joden en de vrome proselieten met Paulus en Barnabas mee, die hen toespraken en hen aanspoorden zich over te geven aan de goedgunstigheid van God.” Dit is de manier waarop Gods uitverkorenen tot geloof komen. Als je die welgemeende boodschap van God naast je neerlegt is dat je eigen schuld. Je ziet hoe de HERE door de verkondiging van het evangelie zorgt dat mensen tot geloof komen: “Toen de heidenen dit hoorden, verheugden ze zich en spraken ze vol lof over het woord van de Heer, en allen die voor het eeuwige leven bestemd waren aanvaardden het geloof.” Vs 48 

Gods uitverkieizng is juist een geweldige stimulans om het evangelie vrij en blij aan alle mensen te verkondigen. Om mensen Christus aan te bieden als de Redder van je leven. Om ze op te roepen om in geloof hun leven in dienst van Hem te ztellen. Je ziet hier de grote liefde en wijsheid van God.  Laten we dat geweldige evangelie van Christus dan ook met de oproep van bekering en geloof de mensen op deze wereld voor houden. We letten daarop in de tweede plaats.

 

2.                                                      Met de eis van bekering en geloof.

 

Hoe moeten we de boodschap van God, van Christus als de Verlosser bij de mensen brengen? Het is duidelijk dat het daarbij niet alleen om een mededeling gaat. Het is niet zo dat je tegen de mensen zegt: Jij bent ook gered door jezus of je het nu gelooft of niet.  

Het evangelie van Christus komt als het goed is altijd weer tot mensen met een bewogen en ernstige oproep. Dat geld voor het vertellen over Christus aan mensen die Hem niet echt kennen maar ook voor de verkondiging van het evangelie in de kerk.

Bij de verkondiging van dat blijde nieuws dat er vergeving bij Christus is, horen ook waarschuwingen en vermaningen. Je kunt niet zeggen dat als vanaf de preekstoel of in een gesprek gezegd wordt dat God je waarschuwt om bepaalde dingen niet te doen omdat je dan jezelf buiten de redding door Christus zet dat dan het evangelie niet meer klinkt. Dat er dan alleen maar een moralistisch verhaaltje verteld wordt.het gaat bij het evangelie ook om de bewogen oproep om in liefdevolle gehoorzaamheid aan God te leven. Een heel duidelijk voorbeeld daarvan zien we in Lucas 3. 

Het is Johannes de Doper die het volk voorbereidt op de ontmoeting met Christus. Zijn boodschaop in de naam van God wordt gekenerkt door de volgende woorden: “Breng vruchten voort die een nieuw leven waardig zijn, en zeg niet meteen bij jezelf: Wij hebben Abraham als vader. Want ik zeg jullie: God kan uit deze stenen kinderen van Abraham verwekken!  Ja, de bijl ligt al aan de wortel van de boom: iedere boom die geen goede vruchten draagt, wordt omgehakt en in het vuur geworpen.’  Vs 8,9

Daarna komen uit Johannes mond concrete waarschuwingen en vermaningen voor bepaalde groepen. Hij wijst heel duidelijk bepaalde zonden aan waarmee gebroken moet worden om bij Christus te horen. Daarna lees je dan de volgende  opvallende woorden  over de prediking van Johannes: “Met nog vele andere vermaningen bracht hij aan het volk het evangelie” NGB vs 18

Het evangelie moet aan ons als mensen verteld worden maar nooit vrijblijvend. De verkondiging van Christus is ook altijd bediening van de sleutels van het hemelrijk. We belijden dat in antwoord 84 van de catechismus zo: “Volgens het bevel van Christus wordt aan de gelovigen, allen samen en ieder persoonlijk, verkondigd en in het openbaar verklaard, dat al hun zonden hun door God om de verdienste van Christus werkelijk vergeven zijn, zo vaak zij de belofte van het evangelie met waar geloof aannemen.

Maar aan alle ongelovigen en huichelaars wordt verkondigd en verklaard, dat de toorn van God en het eeuwige oordeel op hen rusten, zolang zij zich niet bekeren. Naar dit getuigenis van het evangelie zal God oordelen zowel in dit als in het toekomstige leven.” 

Steeds weer stelt de verkondiging van het evangelie, het aanbieden van Christus als jouw Verlosser en Koning je voor een keuze. Steeds is er weer de keuze ga ik met Christus op Zijn weg en doe ik uit mijn leven weg wat met Zijn onderwijs en wil in strijd is of niet. Je ziet in de Bijbel zelf hoe altijd weer we voor die keuze komen te staan. Bijvoorbeeld in Hebreeen 4:12: “Want levend en krachtig is het woord van God, en scherper dan een tweesnijdend zwaard: het dringt diep door tot waar ziel en geest, been en merg elkaar raken, en het is in staat de opvattingen en gedachten van het hart te ontleden.”

Er is altijd weer het gevaar dat we als gelovigen wel tevreden zijn met onszelf. We hebben het gevoel dat het wel goed met ons zit en wat in ons leven niet klopt laten we gewoon zo. Daarvoor krijg je toch wel vergeving. We zijn toch door Christus verlost. De tijd om je zonden met verdriet bij God te brengen ligt daardoor voor ons in het verleden is de redenering dan. Daarom moet je niet meer praten over de eis van God om je te bekeren. Elke dag weer. Als je zo begint te denken lacht de duivel in zijn vuistje.

Dan heeft hij de vrije hand in je leven om je aan te praten dat een slordig leven voor de ogen van God niet zo erg is. Dat de wil van God niet zo belangrijk is maar dat het er om gaat dat je van Gods liefde leeft. Dan zal je zien dat al meer het besef van echt leven volgens Gods goede wil uit je leven wegslijt. Dat ook dat innige leven met God waarbij je vol eerbied om vergeving en Zijn leiding vraagt uit je leven wegebt. Dat liefdevolle bevel van God tot bekering en geloof is een deel van Gods verbond met Zijn volk. We hebben dat bevel juist zo nodig om altijd weer de weg naar Christus te gaan. Het is voor ons heel belangrijk om niet zo te denken als veel Joden in de tijd van Johannes. Zij reageerden op die heel concrete oproep tot bekering van Johannes met te zeggen: maar wij zijn kinderen van Abraham. Wij horen bij de kerk dus valt het met ons nogal mee. Zie Luc 3:8

De Here Jezus zelf weet ook dat wij zo vaak weer een eigen reden of smoes hebben om als het om concrete in ons leven aankomt te zeggen: Gods wil is wel zo maar ik kan nu eenmaal nu niet anders. Als we heel sterk aangesproken worden zeggen we gauw: dat was allemaal wel heel zwaar hoor, zo hoeft het toch ook niet. Dat vind ik toch wel erg wettisch. De Here Jezus kent onze excuses en redeneringen om het evangelie niet helemaal aan te nemen en te doen. We horen dat o.a. in Matt 11: “Waarmee zal ik de mensen van deze generatie vergelijken? Ze lijken op kinderen die op het marktplein zitten en elkaar toeroepen:  “Toen we voor jullie op de fluit speelden, wilden jullie niet dansen, toen we een klaaglied zongen, wilden jullie niet rouwen.”  Want toen Johannes kwam, en niet at en dronk, zei men: “Hij is door een demon bezeten.”  Nu is de Mensenzoon gekomen, hij eet en drinkt wel, en nu zegt men: “Kijk toch eens, wat een veelvraat, wat een dronkaard, die vriend van tollenaars en zondaars.” En toch is de Wijsheid door heel haar optreden in het gelijk gesteld.’ Vs 16-19

Het is zo belangrijk om het evangelie naar je toe te laten komen en je helemaal aan die boodschap van god uit te leveren en je er helemaal door te laten vormen. Om al je msoesjes waardoor je aan dat oude zondige in je leven wilt vasthouden weg te laten. Het is zo geweldig om uit de slavernij van de zonden gered te zijn en voor Christus als je redder te leven. Het jammere is dat veel mensen aan wie Christus aangeboden wordt Hem toch niet willen volgen. Daarover in het derde punt nog een enkele opmerking.   

 

3.                                                      Ondanks dat velen niet geloven.

 

De Here Jezus bereidt Zijn leerlingen er op voor dat als zij blij en vrij het evangelie verkondigen er ook velen zullen zijn die er aan voorbij leven, die het verwerpen. Velen zullen zo Christus zoals die zichzelf in de Bijbel laat zien niet willen als hun Redder en God. Een gelijkenis waarin Christus Zijn kerk op die teleurstellende reacties voorbereidt vinden we in Matt 2. De Here Jezus vergelijkt het Koninkrijk van de hemel met een koning die een bruiloft voor zijn zoon verzorgt. De koning moet meerdere keren verschillende mensen uitnodigen om de bruiloftszaal vol te krijgen. Velen hebben een of andere reden om niet naar het feest te komen. Als zijn knechten overal geweest zijn en uiteindelijk de zaal vol is met gasten is er een gast die binnen is maar geen feestkleding aan heeft. Het is iemand die de kerk is ingekomen maar zich niet echt wil bekeren. Hij wil christen zijn maar dan ook voor zichzelf en de wereld leven. Volgens eigen smaak. De koning ziet hem en zet hem de feestzaal uit. Jezus sluit de gelijkenis dan af met de woorden: “Velen zijn geroepen, maar slechts weinigen uitverkoren”. Vs 14 

Als we het evangelie verkondigen moeten we niet denken dat ineens iedereen enthousiast komt aanhollen. Als dat zo is, is dat natuurlijk prachtig. Het is ook niet zo dat als wij maar goed communiseren de mensen bijna vanzelf gaan geloven. Vaak zal de boodschap van Christus als de Redder afketsen op een zondig hart. Omdat mensen voor zichzelf willen leven. Juist dan is het belangrijk om te zien dat Christus ons opdraagt om het evangelie blij en vrij te blijven verkondigen. In het vertrouwen dat Hij het is die vrucht op de trouwe verkondiging van het evangelie geeft. Ieder mens die tot geloof komt is een geweldig wonder van God in de hemel. Als mensen het evangelie afwijzen is het belangrijk om die ander met liefde te blijven omringen. Om hem of haar te willen blijven trekken tot Christus tot een gered leven!

 

AMEN